Author Topic: Botswana toer 1A  (Read 4176 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Botswana toer 1A
« on: June 30, 2011, 10:13:00 AM »
2008 het paar van ons noord gery
okavango, savuti, kasane, vicfalls, caprivi, solitaire, deadvlei en weer huistoe

wees gewaarsku dit gaan lank lees wees, ek probeer om dit interessant te hou en verskoon asb spelfout maar gelukkig is dit nie opstel vir eindeksamen nie.
ek sal dit so stuk stuk plaas soos wat ek tyd het om te skryf en fotos uit te sorteer. nogal moeilik om meer as 2000 fotos te he en paar uit te kies om te plaas. ek glo die wat ek plaas sal darem die storie op 'n manier vertel.

Botswana 2008 toer

Ons was 7 mense en 2 voertuie wat in Botswana en Zambië en Caprivi ‘n draai van 3 weke uit en tuis gaan maak het. In my bakkie was ek en Albertus, oud buurman, en vriend van hom, Warick.
In die ander bakkie was Faffa en sy vrou Alida en saam met hulle my neef Kobus en sy vrou Nolene.

Ek, Faffa en Kobus boer met wyndruiwe hier in Goudini en Albertus is ‘n afgetrede boer wat nou op Aghullas woon. Warick is ‘n amper afgetrede onderwyser. Nolene het 2 gastehuise op hulle plaas en Alida werk in die ontvangs by Badsberg kelder.

Eers gou paar tegniese inligting stukkies.

Ons het 6798,8km gery. Die gem spoed was 67,7 km/uur. Sommige tye was vinniger ry as ander. Op die oop pad tussen 100 en 120 soos die omstandighede dit toelaat en ander kere weer stadig in dik sand 4x4 “low range” vir amper ‘n dag lank.

Ek ry met 2001 hilux bakkie met 2,7 liter enjin. Die totale petrol verbruik was 1087 liter wat 6,3 km per liter gee. Brandstof koste was R9050,91. ons het net in SA en Botswana en Suid Wes petrol ingegooi aangesien Zambie se petrol duurder as R18 per liter was daardie tyd. Die brandstof in Botswana het ons met Pula ingegooi wat ons voor die tyd by die bank op Worcester omgeruil het teen koers van R1,32 per Pula. Dit sluit als in soos wisselkoers en kommissie. Die Botswana petrolkoste het ek omgewerk na rand teen genoemde wisselkoers.

Volgens die GPS was ons totale tyd op pad 146 uur en 37 minute waarvan 100 uur 30 minute beweeg was en 45 uur 57 minute staan en stop. GPS is aangesit wanneer ons begin ry in die oggend en afgesit wanneer ons by laaste bestemming van die aand aankom. Gemiddelde spoed oor die afstand was 67,7 km/uur. Maksimum spoed was 136 km per uur toe ek eenkeer ‘n ander voertuig verby gesteek het maar oor die algemeen het ons maar so om en by 110 km per uur gery aangesien die bakkie swaar gelaai was en baie wind weerstand bo op die dak gehad het agv bagasie. Die totale gemiddelde werk uit op 46,4 km/uur.
Ek, Alberus en Warick het ons voertuig se koste gedeel en min of meer almal dieselfde koste op pad gehad.
Ons het nie 100% boek van totale koste gehou nie maar dit werk uit op min of meer R9000 per kop vir ons drie. Dit sluit als in soos petrol, kos, drank, verblyf, 3 boot vaarte op riviere, vliegtuig oor delta, helikopter oor valle, grenspos koste, park toegang ens.

Die hele trip was 21 dae.

Ek het nie voor die tyd daardie lekker vakansie opgewonde tyd gehad nie aangesien die druiwe oes laat was vanjaar en ons het die hele tyd gewonder of ek betyds klaar geoes gaan wees. Faffa en Kobus se wingerde is gouer as myne ryp en die kelder het begin vol raak na die einde van die oes aangesien ons kelder weer ‘n rekord inname na verlede jaar se rekord gehad het, dus vas die tenk spasie baie beperk.

Daar was nie tyd vir lekker rustig inpak nie. Ek het Dinsdag 8 April om en by 12 uur klaar geoes en toe moet ek nog eers paar goed op die dorp kry.

Dit het ook gelyk of die bakkie se 2 de battery probleme gee en die Woensdag oggend moes dit eers getoets word wat ook nog tyd geneem het. Die pakkery het maar vinnig gegaan van so 10 uur Woensdag oggend tot die aand 8 uur. Dus geen rustige tyd vir opgewonde raak nie. Intussin moes my werkers se lone en bonuses ook uitgewerk word en oorbetaal word.

Ons het enige tydjie in oestyd wat daar dalk ‘n dag of half dag nie geoes is nie gebruik om na oes bespuiting en bemesting te gee. Dit het gehelp.

Ja ek was betyds klaar en gereed om die lang pad te vat. Die ander 6 was ook lekker gestres of ek betyds klaar sou wees en ons vertrek tyd was belangrik aangesien ons plekke vas bespreek was tot by vic falls.

Fotos wat A gemerk is na die nommer, is my fotos, F is Faffa en Alida se fotos, K is Kobus se fotos en W is Warick se fotos.

Nou kan ons begin ry en ek hoop jy toer lekker saam.
As dit nie lekker is nie klim maar af langspad.

Donderdag oggend 10 April 2008 net na 6 vm hier vertrek en Groblershoop toe gery en by Kobus se broer geslaap. Hy boer daar naby die dorp. Niks snaaks deur die dag gebeur nie net op ‘n paar plekke baie springkane gekry.

Vrydag 11 April het ons 5:30 vm van daar gery na Kang in Botswana. Dit het eers daardie oggend vir my gevoel ek is nou op vakansie, veral toe ons na sowat 60 km die eerste grondpad gekry het.

By Kathu het ons die eerste besienswaardigheid gesien. Mynlorrie en skopgraaf wat afgetree het en by die vulstasie op uitstalling staan.

Foto 0001 K


Nolene by die groot lorrie, as ek dit reg het kan die ou so 150 ton vrag dra.

Foto 0002 F

Alida op die skopgraaf

Foto 0003 F

Warick, Albertus, ek, Nolene, Alida en Kobus in die skopgraaf se bek.
Ons het vergelyking getref van hoeveel druiwe in die lorrie en graaf se bek sal gaan, hoeveel dae se oes is dit.

Foto 0004 A


Faffa by lorrie se wiel.
Daardie bande se grootte: 36.00 – 51


Foto 0005 Turbo

Vir die wat effe in enjins belangstel ek weet nie baie van daardie enjin af nie maar hys vrek groot, V 12 diesel wat 4 turbos op het. Die generator wat ons by die kelder gehuur het se V12 enjin met 2 turbos was sowat 1000 kw en 45 liter inhoud. Ek weet nie of die lorrie sin groter en sterker is nie. Hy dryf ook ‘n generator aan en die wiele word weer deur elektriese motors aangedryf.

Foto 0006A

 skopgraafdetails

Ons het brandstof ingegooi, verder gery en by Mc Carty’s Rest oor die grens gegaan. Geen problem nie behalwe die polisieman aan SA kant wat lus was vir gesels en baie tydsaam was.
Maklik en gou deur Botswana doeane. Op Tshabong in Botswana petrol ingegooi en Afrika se manier van lewe begin ervaar. Dit was vir die 3 wat nog nie daar was nie nogal ‘n skok. Lyk vir hulle soos verwaarloos en hulle sukkel om  te verstaan dit is maar so, daardie mense daar dink dis reg so. Hulle het kennis gemaak met donkies en beeste en bokke wat in pad wei, geen lyndrade ens.

Foto 0007 A

beeste in pad.

Foto 0008 K

beeste grawe gate in die grond en eet grond waarskynlik agv een of ander mineraal tekort.

Na Tsabong het ons oos gedraai om op die Trans Kalahari highway te kom. Op die oomblik word aan daardie pad gewerk en dit het redelik stadig gegaan.
Die T K highway is mooi oop pad maar sonder drade soos in Afrika en mag 120 ry. Ons het op 2  plekke gesien waar ‘n lorrie drywer aan slaap geraak het en pad af is, op wiele gebly maar sit in sand vas langs pad. Ons het gewonder hoe gaan hulle die lorries daar uitkry.

Foto 0009 A

eerste bek en klouseer pos, bakkie se bande moet gespuit word en ons moet  trap op so matjie. Ek is toe natuurlik kaalvoet soos gewoonlik en hulle weet toe nie wat om met my te maak nie en ek is moedswillig en sê ek dra nie skoene nie loop net kaalvoet. Nou besef hull eek kan nie kaalvoet in die gif trap nie en ek kan ook nie verder ry sonder hulle prosedure nie. Toe ek sien dit gaan lank vat het ek maar gese ek het wel sandale sal dit anatrek en toe hulle ‘n paar los skoene by sandale sien moes die ook in gif gedruk word.

Ons het in Kang by die garage se kamers geslaap, baie netjies en aan te beveel. Ongelukkig het ek nie die besonderhede nie want Faffa het al daardie papierwerk gedoen.

Saterdag verder gery tot by Maun.

Foto 0010A


daars nog oppad
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Botswana toer 1A
« Reply #1 on: July 01, 2011, 08:15:52 AM »
Dankie vir al die inligting,  dit is baie interessant. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Botswana toer 1A
« Reply #2 on: July 01, 2011, 08:51:14 AM »
hou net aan lees dit gaan nog lekkerder raak.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.