Author Topic: In saluut vir Afrikaans (duhhh)  (Read 4070 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« on: June 19, 2018, 05:15:52 PM »
Ek tel hierdie op fb op.... netjiese voorbeeld van iemand, weet net glad nie wie dit oorspronklik gegriffel het nie  :toothy4:

Nolene Bouwer
18 June 2017 · Kouga ·
Ek het die post hieronder geborrow by 'n vriendin van -Marina Boshoff
Skokkend:
------------------------------------------------------
Dis stunning as mense hul taal bly praat!
Ek worry oor die toekoms van Afrikaans.
Die studente op varsity verkies Engels en Afrikaanse ouers stuur hul kids na Engelse skole.Dis genuine shocking, hoor!
Waar gaan alles eindig as ons so reckless met ons taal omgaan?Gelukkig is my kids nog okay. Nou die oggend om die brekfistafel se my laaitie nog - so tussen die gekou aan sy toast:
Dis darem cool dat ons nog in Afrikaans skoolgaan, Pa. Pietie van langsaan moet nou Shakespeare Primary toe en hy ken amper nie die difference tussen 'yes' en 'no' nie. Dis sad, ne?"

Ek kon nie help om te smile nie. Daai kid van my sal tot op die bitter einde fight vir sy taal. Dis actually amazing dat so 'n jong kid so sterk oor sy roots voel.Dit bly altyd vir my stunning as mense nog goeie Afrikaans praat. Recently luister ek op die karradio na 'n Engelse radiostasie, wat 'n kompetisie het oor die flavours van 'n sekere ice cream.

Die eerste inbeller se toe haar Engels is nie hot nie, kan sy maar Afrikaans praat?

Die omroeper se dis okay.

Sy se toe: "Die flavours is raspberry, chocalate en grape."

En daar wen sy toe wragtie!

Wys jou net: jy kan nog presteer deur op Afrikaans aan te dring.Dit hang maar van elkeen van ons af of ons taal gaan survive of nie. Ek is so erg oor my taal dat ek onder die stort net Afrikaanse songs sing – vir in case die kids luister. Tot ons hond reageer net op Afrikaanse commands. As ek vir horn se om te "sit", dan sit hy. En as ek vir hom skree om te "sjarrap", dan hou hy op blaf. .Noudie dag stop ek by 'n padstalletjie omdat hulle produkte in Afrikaans op die plakkaat geskryf is.
Toe koop ek sommer al hulle muffins, cupcakes en toffee apples om te wys ek support hulle.
Van support gepraat. Ek was nooit 'n Stormers supporter nie totdat ek hoor

Juan skree op die tiewie vir sy fly-half:"Pass die bal vir my!"

Toe se ek nog vir my laaitie: "Hoor net daar. Hy kon netsowel gese het "pass the ball to me", maar hy hou by sy taal.Nee kyk, Afrikaans hardloop darem nog sterk deur party van ons se veins.

Dis so ama-a-a-a-zing, ne?
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #1 on: July 19, 2018, 06:29:24 AM »
Dankie aan ons gas vir die saamlees oor jou skouer! Wat 'n groot bederf was hierdie nou. Englikaans op sy beste  :icon_biggrin:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #2 on: July 19, 2018, 08:26:58 AM »
englikaans .... skitterend, maak my dag al giggelende aangaan  :toothy4:   :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #3 on: July 19, 2018, 08:54:58 AM »
Soooo bly ek het dit nie gemis nie mater  :toothy4:

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #4 on: July 19, 2018, 10:27:33 AM »
Ek het ook die gelees met 'n glimlag. Die skrywer gebruik ironie om my eie gevoelens te weerspieel. Laat my weer dink aan my staccato gediggie.

MY TAAL

Ek sal verdrink in die trots van my taal,
maar as ek dink hoe die vloek dit vervaal.
Verdomp! Verdomp! Kan jy nou meer?
Die vloek maak net my ore seer.
Ek wil hard en luid te hemele skree.
Verdomp of ek my taal vir verderf gee.

Dan kom die kunstenaar en liedjieboer
en onthaar my taal met ingelse sloer.
Hou op! Hou op! Jou tweegat drek.
Praat my taal of hou toe jou bek.
Engels loop soos vrotpap uit jou mond uit.
Hou op met mengeltaal en praat prontuit.

© Naas
Geskryf in die Staccato struktuur


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #5 on: July 19, 2018, 11:36:16 AM »
En ek kom lig my mooiste hoed en knak die rumatiekknieg in eerbied. Welgedaan Naas. Ek lief dit!  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #6 on: July 25, 2018, 06:03:29 PM »
Askuus, ek moet net gou na die halfmaan-rondebak om van al die "drek" ontstae te raak!


Naas, ek lief jou bydrae!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #7 on: October 22, 2021, 12:19:00 AM »
Geen mens kan mos olik voel as jy op die forum snuffel nie. Die ironie van die lewe hou my in vervoering. Ongelooflik lief vir my taal het ek die aardse weergawe van Englikaans in hierdie plasing ongelooooflik geniet. PM ek lief hierdie ene "halfmaan-rondebak". Ek dink dit is puik gestel!  :book1: :notworthy: Naas, lig weereens my mooiste hoed vir jou staccato!  Het gou gaan loer en dit is nog nie by die riglyne van ons Afrikaanse weergawe, ook bewaar nie. Dank jou baie baie!
« Last Edit: October 22, 2021, 12:30:55 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: In saluut vir Afrikaans (duhhh)
« Reply #8 on: October 23, 2021, 10:26:12 AM »
Daardie briefie moet baie oud wees.   Deesdae se kinders praat baie erger.  My kleinseun, 11 jaar oud, praat Mengelmoes.  'n Mens kan dit nie anders noem nie.  Hulle verhuis na Engeland binne die volgende paar weke.  Gelukkig sal hy nie verlore wees in die Engelse taal nie. 
Puik is so 'n mooi woord!
Om te weet is om te verstaan.