Die Klaskamer > Taalhulp

In saluut vir Afrikaans (duhhh)

(1/2) > >>

adele:
Ek tel hierdie op fb op.... netjiese voorbeeld van iemand, weet net glad nie wie dit oorspronklik gegriffel het nie  :toothy4:

Nolene Bouwer
18 June 2017 · Kouga ·
Ek het die post hieronder geborrow by 'n vriendin van -Marina Boshoff
Skokkend:
------------------------------------------------------
Dis stunning as mense hul taal bly praat!
Ek worry oor die toekoms van Afrikaans.
Die studente op varsity verkies Engels en Afrikaanse ouers stuur hul kids na Engelse skole.Dis genuine shocking, hoor!
Waar gaan alles eindig as ons so reckless met ons taal omgaan?Gelukkig is my kids nog okay. Nou die oggend om die brekfistafel se my laaitie nog - so tussen die gekou aan sy toast:
Dis darem cool dat ons nog in Afrikaans skoolgaan, Pa. Pietie van langsaan moet nou Shakespeare Primary toe en hy ken amper nie die difference tussen 'yes' en 'no' nie. Dis sad, ne?"

Ek kon nie help om te smile nie. Daai kid van my sal tot op die bitter einde fight vir sy taal. Dis actually amazing dat so 'n jong kid so sterk oor sy roots voel.Dit bly altyd vir my stunning as mense nog goeie Afrikaans praat. Recently luister ek op die karradio na 'n Engelse radiostasie, wat 'n kompetisie het oor die flavours van 'n sekere ice cream.

Die eerste inbeller se toe haar Engels is nie hot nie, kan sy maar Afrikaans praat?

Die omroeper se dis okay.

Sy se toe: "Die flavours is raspberry, chocalate en grape."

En daar wen sy toe wragtie!

Wys jou net: jy kan nog presteer deur op Afrikaans aan te dring.Dit hang maar van elkeen van ons af of ons taal gaan survive of nie. Ek is so erg oor my taal dat ek onder die stort net Afrikaanse songs sing – vir in case die kids luister. Tot ons hond reageer net op Afrikaanse commands. As ek vir horn se om te "sit", dan sit hy. En as ek vir hom skree om te "sjarrap", dan hou hy op blaf. .Noudie dag stop ek by 'n padstalletjie omdat hulle produkte in Afrikaans op die plakkaat geskryf is.
Toe koop ek sommer al hulle muffins, cupcakes en toffee apples om te wys ek support hulle.
Van support gepraat. Ek was nooit 'n Stormers supporter nie totdat ek hoor

Juan skree op die tiewie vir sy fly-half:"Pass die bal vir my!"

Toe se ek nog vir my laaitie: "Hoor net daar. Hy kon netsowel gese het "pass the ball to me", maar hy hou by sy taal.Nee kyk, Afrikaans hardloop darem nog sterk deur party van ons se veins.

Dis so ama-a-a-a-zing, ne?

Meraai vannie Baai:
Dankie aan ons gas vir die saamlees oor jou skouer! Wat 'n groot bederf was hierdie nou. Englikaans op sy beste  :icon_biggrin:

adele:
englikaans .... skitterend, maak my dag al giggelende aangaan  :toothy4:   :toothy4: 

Meraai vannie Baai:
Soooo bly ek het dit nie gemis nie mater  :toothy4:

Naas:
Ek het ook die gelees met 'n glimlag. Die skrywer gebruik ironie om my eie gevoelens te weerspieel. Laat my weer dink aan my staccato gediggie.

MY TAAL

Ek sal verdrink in die trots van my taal,
maar as ek dink hoe die vloek dit vervaal.
Verdomp! Verdomp! Kan jy nou meer?
Die vloek maak net my ore seer.
Ek wil hard en luid te hemele skree.
Verdomp of ek my taal vir verderf gee.

Dan kom die kunstenaar en liedjieboer
en onthaar my taal met ingelse sloer.
Hou op! Hou op! Jou tweegat drek.
Praat my taal of hou toe jou bek.
Engels loop soos vrotpap uit jou mond uit.
Hou op met mengeltaal en praat prontuit.

© Naas
Geskryf in die Staccato struktuur


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version