Author Topic: Moses  (Read 1789 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Moses
« on: June 13, 2018, 08:05:36 PM »
Moses

'n Vriend van God word jy genoem
want naby Hom het jy alles gedoen.
Hy het jou lewe gered daar uit die water,
en by Farao moes jy opgroei tot jare later.

Naby 'n braambos het jou skoene gelê
want die Here wou jou kaalvoet daar hê.
Verwonderd het jy jou asem ingetrek
toe jy besef dié grond is deur Hom gemerk.
Jy het aangevoel dat Hy daar talm;
was jy toe angstig of dalk baie kalm?

Vanuit die woestyn het Hy jou teruggestuur
want Sy kinders kon nie meer die géseling verduur.
Na weke van wonderwerke het Hy Egipte gebreek,
het jy, die laaste keer daar, Sy Woord gespreek.

Wederstrewige volk, kinders van Israel,
hoeveel keer moes jy hulle van Sy liefde vertel?
Al wat Hy wou hê was dat hulle moes sien
dat hulle Hom net moes liefhê en dien.
Vir meer as 40 jaar het jy die groep gelei
en toe is jou lewe op aarde skielik verby.


©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moses
« Reply #1 on: June 16, 2018, 10:09:42 PM »
Ag, moet ek dit weer seg?  Jy is een van die bestes!
Om te weet is om te verstaan.