Author Topic: Net die helfte ...  (Read 2296 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Net die helfte ...
« on: June 13, 2018, 01:20:27 PM »
Ek hoor Sondag hierdie stukkie oor RSG, op sy kostelike kalm manier deur Nic de Jager vertel...

Oom Paul het so op sy stoep gesit en uitkyk oor die ou Pretoria toe iemand uit die Dopper-gemeente by hom aankom en hom vra vir 'n stukkie grond om 'n kerk op te bou. So suig oom Paul rustig aan sy pyp, en sê toe "Broer, vat sommer hierdie stukkie hier oorkant" en vandag nog staan die mooi Gereformeerde kerk oorkant oom Paul se huis, wat lankal 'n museum geword het. Oom Paul was mos self ook 'n Dopper-broer.

Daar kom toe van die Gatjieponders by hom aan en vra ook 'n stuk grond, gesien nou dat Oom Paul iets aan die Gereformeerders gegee het. Hy wys hulle toe na 'n ander erf, daar in Bosmanstraat waar die kerkgebou vandag nog staan.

So kom Sammy Marx, baie goeie vriend van oom Paul by hom en vra "Paul, jy het nou vir daardie kerke elkeen grond gegee om 'n kerkgebou te bou, gee nou vir ons Jode ook iets."

Oom Paul het so rukkie gedink en toe 'n sekere stuk grond aan Sammy gegee vir hulle sinagoge. So kom Sammy 'n paar dae later weer by oom Paul aan en sê dat daardie stukkie grond helfte kleiner is as die Geref'des en NG kerk s'n.
"Jaaa, " het oom Paul glo gesê, "maar julle Jode glo mos net in helfte van die Bybel."  :toothy4:

https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Pretoria
https://af.wikipedia.org/wiki/Gereformeerde_kerk_Pretoria
http://www.phc.co.za/OurHistory.html
(Ek weet ongelukkig nie waar om te soek na die sinagoge se geskiedenis nie, en of hierdie mooi gebou op daardie erf gebou is, weet ek nie)
« Last Edit: June 13, 2018, 01:28:11 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Net die helfte ...
« Reply #1 on: June 13, 2018, 10:40:55 PM »
Steel ek gou tydjie om eers vinnig deur die forumgange te dwaal. Dankie baie vir die kosbare deel mater!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Net die helfte ...
« Reply #2 on: June 16, 2018, 10:07:36 PM »
Een ding wat ek nog altyd van jou waardeer het is jou . . . hmmm, sin vir humor,  . . . jou pragtige kennis . . .  jou lieflike skryf-vermogens,  (ha-ha, hierdie forum ken mos nie van al die leestekens nie) ag sommer net omdat jy jy is!  Ek lief jou stinkend!

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Net die helfte ...
« Reply #3 on: June 18, 2018, 07:41:24 PM »
mis julle sommer baaaaie ...  :toothy4: :toothy4: :love7: :love7:
adéle  :grommit: