Author Topic: 10.6.2018  (Read 1782 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
10.6.2018
« on: June 12, 2018, 10:27:45 PM »
Vriende, goeie mooiste môre vir julle!

Ons kyk na ‘n reeks videos oor gedeeltes in die Bybel en het nou een deel van Abraham gesien. Hoekom het ek nie jare gelede al aan die leefwyse van die nomade-mense gedink nie, want dit gee die trek van Abraham ‘n heel ander perspektief.
(Gen 12:1)  Die Here het vir Abram gesê: "Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys.

Ek kan my skaars indink in daardie opdrag. Vandag sal ons moeilik wegtrek waar ons gevestig is, tensy dit vir ons ‘n beter lewe, werk en inkomste gaan bied. Maar daardie tyd? Wegtrek van ‘n gevestigde plek soos Haran waar water en weiding was? Wegtrek deur die harde woestynwêreld na ‘n onbekende land?

Met sy vrou Sarai, Lot en sy vrou en hul slawe en vee het hy getrek. Hoe swaar was dit nie dalk gewees nie? Harde wêreld van klip en nogmaals klip, droë en warm dae, en seker ysige nagte in die winter, moes hulle trotseer. Het Abram soms aan omdraai gedink?

Maar Sarai het hom bygestaan. Sy het nie teruggegaan na die gemaklike lewe nie. Ek dink aan hulle twee en besef dat hulle mekaar baie lief moes gehad het. Lief genoeg om bymekaar te staan, om saam te wees vir baie meer as 100 jaar. Abram het haar nie gelos omdat sy kinderloos was nie, al was kinders daardie eeue deel van jou rykdom en respek in ander se oë. Hy het haar getroos as hartseer oor haar kinderloosheid haar oorval het. Sy het hom aangepor en moed ingepraat as die woestyntrek hom dalk wou onderkry.

Liefde tussen hulle is vir ons ‘n voorbeeld. Ek sien hulle as jong mense wat verlief geraak het en in die veld by Haran gaan stap het. Dan later saam op ‘n rots sit en tuur oor die wye kaal woestyn voor hulle. Saam kniel en bid dat God hulle nie moet vergeet nie. Saam hul kinderloosheid aanvaar toe sy oor haar vrugbare jare oud geword het. Maar ook saam ons God geloof het vir sy beloftes wat waar geword het.

Dankie dierbare Here God, vir ons liefde in ons harte vir ons maats, ons kinders en familie en almal na aan ons. Dankie dat ons steeds die vervulling van U beloftes ervaar, elke dag en jaar. Ons eer U grote Naam in liefde uit ons swakheid, maar hunker gedurig na U voorbeeld om dit na te volg. Gee ons die krag en genade daarvoor. Hierdie en nog baie meer vra ons in U Naam, Here Jesus, ons Saligmaker. Neem ons gebed na die Vader, asseblief.  Amen amen Here.

©adéle theron


adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 10.6.2018
« Reply #1 on: June 12, 2018, 11:32:13 PM »
Ons omstandighede heelwat anders en baie meer gemaklik as in die Bybelse tye maar van oppak en pad vat ken die Lock gesin alte goed na twee emmigrasies.  Dankie vir deel mater! Soos altyd stel jy vir ons 'n pragtige voorbeeld.