Author Topic: Anastasia se flopvrye wortelkoek  (Read 5197 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Anastasia se flopvrye wortelkoek
« on: June 04, 2018, 02:35:06 PM »
Ek kom plaas my flopvrye en heerlike wortelkoek hier op Meraai se versoek.  Ek het haar baie lus gemaak vir 'n proeseltjie op facebook:

WORTELKOEK

SO maak mens:

Bestandele:
1 1/2
koppies castor sugar (die vyner een, maar nog nie icing sugar nie, die tussen-in een)
1 koppie sonneblomolie
3 eiers
2 koppies koekmeel
2teelepels fyn kaneel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel vanilla
1/2 teelepel sout
3 koppies fyngerasperde wortels (5 medium)
1 koppie grofgemaalde walnuts

FROSTING:
1 bakkie roomkaas
1/4 koppie sagte margarine
1 teelepel vanilla
4 koppies versiersuiker
Nutmeg

Smeer 'n groterige broodpannetjie
Oond op 180 grade
Meng olie, castor suiker en eiers en vanilla goed saam
Voeg ander droee bestandele by
Voeg gerasperde wortels en neute by (hou bietjie neut agter vir frosting)
Meng alles goed deur
Bak in oond vir 45 - 55 minute, of totdat toetspen deurgaar wys

Meng die roomkaas, margarien en vanalla.
Voeg die neutmuskaat en versiersuiker by

Smeer die frosting oor wanneer dit goed afgekoel het.
Strooi so paar krummels wallnut oor, wat jy uitgehou het

DIT IS LEKKERSTE AS DIT SO 24 UUR GESEEL IN YSKAS STAAN VOOR ETE, DAT DIE SPESERYE EERS GOED TROU

MY FAMILIE KRY DIT SOMS REG OM TE WAG!

LEKKER EET!



« Last Edit: June 04, 2018, 10:52:48 PM by Meraai vannie Baai »
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #1 on: June 04, 2018, 02:36:15 PM »
Dit lyk nie of ek die foto's reg gelaai het nie, Meraai? :icon_scratch:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #2 on: June 04, 2018, 10:52:05 PM »
:icon_biggrin: Kan nie fototjies sien daar nie so ek dink nie dit het gelaai nie, gaan gou vir jou vassit onder aan jou resep mater. Jy sal dan net onder aan boodskappie sien dat ek dit vandag 'ge-edit' het.  :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #3 on: June 05, 2018, 03:12:25 AM »
So dis waar Noordliggie die wortels begrawe het... dit lyk voorwaar lekker. Maar al daai suiker sal Naas niks goed doen nie. Ai, hoe mis ek al die lekker in die lewe.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #4 on: June 07, 2018, 09:40:59 PM »
Ai, dis nou een ding, Naas, as ek jong gesonde mense kan raad gee;  eet en geniet wyl jy kan.  Ek kan so min dinge meer eet.  My genieting le nou maar in die maakslag.  Hoop jy voel ook gou weer beter.  Het jy diabetes, my maat?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #5 on: June 08, 2018, 04:07:46 AM »
Ja verdomp. Het mos op 'n stadium (dink hoeka in 2006) aansoek gedoen vir al die oumenssiektes. Was suksesvol met almal behalwe hoë cholesterol.
Diabetes, hoër bloedruk, lae self beeld, die hele verdomde spul.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #6 on: June 08, 2018, 07:49:34 AM »
Hie hie, "Hoë bloeddruk, lae selfbeeld"  Jy kan so snaaks wees.  Ag jong, oudword is net vir die dapperes onder ons.  Ek was so hartseer, toe ek 38 was is die grootste vriendin wat ek ooit in my lewe gehad het, op 34 oorlede.  Sleg griep gehad, was drie dae in hospitaal, en is toe ontslaan.  Ek het nog die aand vir hul gesin kos en gebak geneem.  Ek het dit dikwels gedoen.  Ek haat (nou nog) naaldwerk, en enige herstelwerk aan klere het sy vir my gedoen.  Sy haat weer kosmaak, en het ek menige dae as ek eenskottelgeregte maak of bak, twee van elk gemaak en vir Tina gevat.  So neem ek weer daardie dag en sê toe sommer, wag, laat ek al my bakke kry wat al van vorige kere daar rondstaan.  Hande vol bakke is ek by die deur uit.  Sy roep my toe terutg en sê ek moet haar eers 'n drukkie gee.

Ons was rerig so close, kon alles deel, maar nooit was ons egter demonstratief met soentjies of drukkies nie.  Ek sê toe nog:  Damnit, Tina, nou moet ek eers al die bakke weer neersit om jou 'n drukkie te gee!  Wat ek toe wel doen.  Stywe drukkie.  En so is ek daar weg.   Volgende dag net na skool kry ek die oproep sy het by haar huis in die gang inmekaargesak, met haar 8 en 10 jarige kids by haar.  Sy is daar dood.  Met die kids wat die ambulans gebel het en moes toekyk.  Beide is vandag mediese dokters.  Weet nie of die gebeure daartoe impak gegee het nie.

Dit is een mens se lewe en dood wat my nie onveranderds kon laat nie.   Ons vriendskap was so spesiaal.  My kinders hele paar jaar ouer, maar sy het so ou ou Datsun bakkie gehad.  In die ry kon sy die sleutels uithaal en verder ry!   :love7: Of hom start met 'n naelvyltjie!  So het ons die kids agterop gelaai, by die groentewinkel gestop vir wortels, (en altyd skelm twee Whippie Bars).  Dan perdestalle toe.  Die dogters het die perde geroskam en wortels gevoer en die twee seuns het met die bakkie op die stalgronde rondgery. 

Tina en ek het op koeldrank kratte tussen die rooi Thabazimbi stof gesit, ons pleated skirts van destyds wat hang in die stof, en ons Whippie Bars geeet en gefilosofeer oor ons volgende dieete en hoe mooi en maer ons nog eendag gaan wees!

Ai, die onthou vanmore!  Wat ek EINTLIK wou sê:  ek het so baie gedink hoe onregverdig dit was dat sy wat so mooi mens was so jonk moes sterf.  Maar, met die oudword en al sy dinge, wonder ek soms of jong afsterwe nie eintlik 'n bedekte seën is nie?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #7 on: June 08, 2018, 09:36:10 AM »
Wat 'n wonderlike bydrae was hierdie nie. Die lief en leed van die lewe tussen lyne. Ek sit in die gees saam om die kombuistafel terwyl jy gesels het en neem die laaste snytjie wortelkoek.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #8 on: June 08, 2018, 10:00:34 AM »
Dankie, Meraai, dat jy meegeluister het deur my onthoue.  Sy was SO lief vir rou kleinkoekie deeg.  Haar altyd genooi as ek kleinkoekies bak, dan kry sy haar koppie koffie met 4 opgerolde rou deegballetjies in haar piering.  Ai.  En haar 2 kids se standaard groet as hul by my deur ingekom het, was "Maaaaaa,  ons is hongerrrrrrr!"  Hie hie.  Die huis ruik nou nog steeds die ene bakhuis en restaurant.  Maak vandag weer piesangbrood en Chicken a la King, so effe geskoei op daardie resep van jou vir die pastei. 

Menige male loop hier swart werkers verby, wat kamma stop en vra vir bietjie water.  Wanneer ek het, en kan, gee ons altyd so ietsie bederfie daarby.  Ek glo mens moet aanhou met goed wees.  Ten spyte wat daardie aaklige aand met ons gebeur het. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #9 on: June 08, 2018, 11:34:36 AM »
Nou sien jy nou Noordetliggie. .. jy skyn nog helder ten spyte van alles wat in jou lewe gebeur het. Ek dink nog steeds JY ROCK Sussie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #10 on: June 08, 2018, 02:33:09 PM »
Dankie :toothy4: Naas Smurfie.
« Last Edit: June 08, 2018, 06:02:51 PM by Naas »
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #11 on: July 23, 2018, 01:02:37 PM »
Dankie vir die resep.  Sodra ons Thaba toe gaan sal ek die bestanddele kry en vir Hannes "aansit" om die koek te bak.   :angel8:  Dit lyk ook na 'n heerlike versiersel vir "muffins".  Hannes lief 'n muffin in die oggend saam met sy koffie.


Ek lees altyd graag wat almal beleef het en dan dink ek dat ons geslaag het hier op die forum.  'n Groot doel van die forum is 'n plek om ons lief en leed met mekaar te deel. My motto is  mos:  om te weet is om te verstaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #12 on: July 23, 2018, 01:03:55 PM »
Noorderliggie is skielik weer bietjie stil...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #13 on: July 23, 2018, 01:05:53 PM »
Ai Naas, ek hoop dit gaan goed met haar.  Dalk het dit maar net so dol met haar gegaan as met my.  Ek sal die horison dop hou.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Anastasia se flopvrye wortelkoek
« Reply #14 on: July 25, 2018, 04:08:28 PM »
Ja, PM, jy is reg, my stilte was alles te wyte aan besig wees.  Ek bedryf mos 'n aanlyn skoolhulp vanaf die huis.  By tye hou dit my besiger as woelwaters binne in 'n klas! 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!