Die kuierstoep > Kom kuier saam

Verveeld

(1/5) > >>

Naas:
Kyk, Naas is so siek soos 'n hond maar karring maar aan werk toe. Nou sit ek teen die wet en kyk of hier nie n maatjie is nie maar die gange is ook maar stil.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Jy sal nie glo nie, ek is oppad kooi toe en gewonder of daar nie dalk iewers iemand deur die forum gange wandel nie. Pas jouself mooi op mater, ons hoef nie te vertel hoe kosbaar jy vir ons almal is nie. Hopenlik weet jy dit by nou na al die jare se saamkuier tussen lyne :toothy4:

Naas:
Lekker slaap. Het darem n afspraak by die Kwak gekry vir vanmiddag. Voel regtig of die transkaroo enjin, eetwa en kaboets oor my bors gery het. Ek kan nou saam met my vriende gaan duik want dit voel en klink kompleet of ek onder water asem haal.

 :icon_bigsmurf:

Anastasia:
Naas, ek sit nog al die tyd in die kroegstoeltjie en wag vir jou lyne.  Lyk my ek het te veel gerym daar!  Hoop jy voel gou beter!

Meraai vannie Baai:
Glad nie te veel gerym nie matertjie - vader tyd haal ons net in maar die keer wat ons saam kan wegglip, laat waai ons behoorlik  :headbang:

Naas, hou ons op hoogte seblief man. Dink aan jou. Vieslike tyd van die jaar en so geroggel op die bors klink glad nie goed nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version