Author Topic: Verveeld  (Read 5701 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Verveeld
« on: June 04, 2018, 10:35:10 AM »
Kyk, Naas is so siek soos 'n hond maar karring maar aan werk toe. Nou sit ek teen die wet en kyk of hier nie n maatjie is nie maar die gange is ook maar stil.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verveeld
« Reply #1 on: June 04, 2018, 11:06:54 AM »
Jy sal nie glo nie, ek is oppad kooi toe en gewonder of daar nie dalk iewers iemand deur die forum gange wandel nie. Pas jouself mooi op mater, ons hoef nie te vertel hoe kosbaar jy vir ons almal is nie. Hopenlik weet jy dit by nou na al die jare se saamkuier tussen lyne :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verveeld
« Reply #2 on: June 04, 2018, 12:10:23 PM »
Lekker slaap. Het darem n afspraak by die Kwak gekry vir vanmiddag. Voel regtig of die transkaroo enjin, eetwa en kaboets oor my bors gery het. Ek kan nou saam met my vriende gaan duik want dit voel en klink kompleet of ek onder water asem haal.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Verveeld
« Reply #3 on: June 04, 2018, 02:38:42 PM »
Naas, ek sit nog al die tyd in die kroegstoeltjie en wag vir jou lyne.  Lyk my ek het te veel gerym daar!  Hoop jy voel gou beter!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verveeld
« Reply #4 on: June 04, 2018, 10:46:33 PM »
Glad nie te veel gerym nie matertjie - vader tyd haal ons net in maar die keer wat ons saam kan wegglip, laat waai ons behoorlik  :headbang:

Naas, hou ons op hoogte seblief man. Dink aan jou. Vieslike tyd van die jaar en so geroggel op die bors klink glad nie goed nie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verveeld
« Reply #5 on: June 05, 2018, 03:08:15 AM »
Die Kwak sê as ek nie gou doodgaan nie sal ek darem nog n rukkie lewe. (Al blaf ek die bure se hondjie wakker.)

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verveeld
« Reply #6 on: June 05, 2018, 03:44:28 AM »
Kan ek nie help om 'n sug van verligting te gee en sommer wyd te glimlag vir jou humorsin Naas. Genadiglik het jy dit nog nie uitgeblaf nie. Pas jouself mooi op ne!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verveeld
« Reply #7 on: June 05, 2018, 07:04:22 AM »
Nou bietjie bekommer oor Ta Raaitjie se spinnekoppe met die gestreepte rugbysokkies. Hoop daai gedroggies gaan vinnig pad op.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verveeld
« Reply #8 on: June 05, 2018, 07:23:21 AM »
Ek sal seker nooit regtig die angs kan vasvang met woorde wat hierdie nuwe gedoente meegebring het liefste mater  :icon_bigsmurf: een nag sommer regop gaan sit en kliphard vir myself gese: ag nee wragtag! Genoeg is genoeg. Vat die ouvrou dan maar weer kussing en kombers, verkas sitkamer toe waar ek al wat lig is aansit en probeer wakker bly want die oomblik as jy vasslaap val jou hartklop mos vanself en dit is nou net daar waar die 02 vlakke nog laer daal en die swerkaters jou suutjies kom beroof van die werklikheid. 

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Verveeld
« Reply #9 on: June 06, 2018, 05:29:18 PM »
Ai, Meraai, ek dink so baie aan jou en hoop so vir gesondheid.  Naas, solank jy net die hondjies wakker blaf, en nie jouself nie~  Sterkte daar ook. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verveeld
« Reply #10 on: June 06, 2018, 10:48:26 PM »
Die omgee in ons kring is uniek en kosbaar. Hoeveel jaar is dit nie nou al nie! :love7: :icon_salut:
« Last Edit: June 07, 2018, 09:38:55 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verveeld
« Reply #11 on: June 07, 2018, 05:55:19 AM »
Besig om reg te maak vir College maar baie pap en on vas op my voete. Hoop dit gaan beter soos die dag vorder. Mag elkeen van julle n wonderlike dag beleef.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verveeld
« Reply #12 on: June 07, 2018, 09:41:35 AM »
Sterkte mater. Hou die blinkkant bo so ver jy kan. Glad nie goed as jy so onvas op die voete is nie want hoe gemaak agter die stuur wanneer die oge nie wil fokus nie? Eish, ekke hou duimvas dit gaan beter gaan jong.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Verveeld
« Reply #13 on: June 07, 2018, 09:25:56 PM »
Naas, ek kom net gou inloer met tjoklits en lekker warm hoendersop.  Het jy darem die dag oorleef?  Ai, Meraai, ek het ook anderdag gedink, ons het mekaar almal op Woes ontmoet hier in 2006, reken ek.  Dus is dit al 12 jaar van omgee, en op 'n afstand in mekaar se liefe en lede deel.  Ek is darem in daardie 12 jaar deur erge meule gemaal.  Maar ek is steeds hier, gegroei, en steeds lief vir myself.  Hoop dit maak sin?  Ek dink veral in daardie eerste 4 jaar waar ons nog almal aktief gewoes het, het julle vriendskap my gedra.  Jy en Naas sal altyd maar my hartsmense wees.  Die ander het ek maar verloor langs die pad.  xxx
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verveeld
« Reply #14 on: June 08, 2018, 04:01:00 AM »
In armkring kom sterkte
Groei daar moed vir nog n dag
In armkring gekoester
Kry hoop weer vlerke.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.