Die kuierstoep > Die Gorrel plek

Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Ek het hierdie gedeel vanuit 'n blad vir Afrikaners in Aussieland.

Al stry hy hoe, as jou drinkemaat die stortkop in sy arms neem en soebat om op te hou huil, was die ou getrek. Finish en klaar  :headbang:

Naas:
My vrou het eers agtergekom ek is 'n alkoholis toe ek een aand nugter by die huis aan kom.
As jou klere in die oggend op die bed lĂȘ en jy hang oor die stoel is die kanse goed dat jy die vorige aand dalk 'n rooietjie te veel gehad het.

 :angel8:

Meraai vannie Baai:
Iewers is daar 'n geskrif van PM wat ek bewaar het waarin sy 'onthou' van 'n soortgelyke aand. Vermoed dit moet in die kroeg gebeur het  :icon_biggrin:

PM:
Ek soek nou na die opsomming wat jy van Pieternella van die Kaap gedoen het, toe kom ek hierop af.  Die enigste kroeg wat ons besoek het  (in die Kaap) was by die proefontein.  Praat jy van die aand toe Naas soos 'n konsertina van die trappe afgekom het?  (lag)

Meraai vannie Baai:
Giggel ek darem nou wraggies lekker. Ek vermoed dit is die ene PM. Nou moet ek dit net opspoor lol.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version