Author Topic: 'gout'-humor  (Read 3391 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
'gout'-humor
« on: December 08, 2011, 08:31:06 PM »
http://www.weg.co.za/lesers_vertel/Ek-weet-nou-ek-het-al-Gout-gehad-

ware humor het sekerlik gehelp om hom beter te laat voel    :toothy4:
adéle  :grommit:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: 'gout'-humor
« Reply #1 on: December 09, 2011, 07:14:51 AM »
Juis dit is hoe gout is, ek het dit al so ondervind
en wanneer hy vir so 3 maande wegbly....dan vergeet ek daarvan en skielik kry ek weer aanval en als weer van voor af.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'gout'-humor
« Reply #2 on: November 14, 2021, 04:18:54 AM »
Ek kan nie die skakel oopmaak nie, toe wonder ek maar of hierdie storie nie daarvandaan kom nie.  Die skrywer is onbekend en ek het dit gegaps van


SA Vermaak en Geskiedenis

29 Desember 2019  ·
Gout werk so, of jy het dit al gehad of jy het nie. Daar is nie ‘n ding soos ek dink so nie, as jy algout gehad het weet jy, jy het gout gehad en vrees jy die volgende aanval.
Dit is iets heeltemal erger as enige kindersiekte of ander siekte wat jy al ooit gehad het. Ek vermoed dat dit ‘n siekte is wat uitgedink is vir mans omdat hulle nie kan kraam nie.  Bowenal het ek al begin dink dat SARS iets hiermee te doen het omdat almal wat kla oor die sogenoemde sondebelasting op alkohol, sigarette en alle ander goed wat lekker is val onder die mees algemene slagoffers van hierdie genadelose verskyning.
Verder dink ek dat dit geen toeval is dat gout en outch (uitroep van pyn) drie letters deel nie. Daar is ook ‘n afrikaanse woord vir gout, Jig wat heeltemal onvanpas is en eerder beskrywend is van die badkamer van een of ander derderangse vulstasie langs ‘n openbare pad.
Aanvanklik en wanneer jy gout vir die eerste keer kry is dit gewoonlik in jou toon of enkel en voel dit kompleet of jy jou toon gebreek of enkel geswik het. My bekendstelling aan hierdie onnodige pynlike ervaring het dan ook min of meer op dieselfde manier begin.
Ek staan een oggend na ‘n naweek se gekuier by die viswaters saam met die pelle, die gespuis soos vroulief hul noem, op met ‘n seer toon, ek vermoed ek het in my toestand van oorbediening oor iets geval of hom teen iets geskop sodat hy nou gebreek is. My regter groot toon is gevaarlik dik geswel en verskriklik rooi, later begin ek dink my skoonma se dogter het iets hiermee te doen want as sy te vinnig by die bed verby loop voel ek die polsende pyn raak erger maar selfs sy begin my later jammer kry.
Ek loop met hierdie pyn of gebrek in my toon vir ‘n paar dae voordat ek by die dokter uitkom en ek hom smeek om my te stuur vir x- strale.  Hy besluit hy wil eers self kyk en maak my sit/lê op ‘n bed wat deur een of ander grapjas gebou is, die bed is te kort, te smal, en te hard en die helfte van my hang iewers tussen die vloer en die bed.
Dok begin met sy ondersoek, omtrent die enigste ding in die hele plek wat reg beskryf word want hy begin onder soek, by my voete, terloops, Bekkenbeen het niks met jou mond te doen nie, hy druk hier draai daar en vir een of ander duistere rede luister hy na my hart of longe en moet ek vir hom ‘n watermonster passeer in ‘n glas met dieselfde vorm as die waaruit ek my bier drink by die huis, moet sê, ek het al amper ‘n monster gepasseer toe hy aan my toon gedruk het. Hy roer my monster met ‘n kartonstrokie, wag ‘n oomblik waarin hy na die strokie staar, hmm proteïen telling is te hoog en dit dui op ontsteking, sê hy.  Kyk Dok sê ek, ek is hier vir my toon nie my blaas nie en as my vrou blaasontsteking kry loop sy nie so kruppel nie!  Hy ignoreer my opmerking en vra, het jy al gout gehad?  Dok jong ek weet nie, ek weet van pampoentjies toe ek al groterig was en ek moes stywe onderbroeke dra en wegbly van water af om te keer vir kalbassies en een of ander siekte wat varke ook kry maar gout, nee Dok, ek sal my Ma moet vra.
Nee man, begin hy verduidelik dit is ‘n mediese toestand wat terug dateer sowat 2000 jaar en word ook rykmansiekte genoem en hy lag daaroor, nou kyk, dit is pure nonsens want ryk was ek nog nooit, het miskien al bietjie geruik na so week in die jagveld maar ryk, nie ek nie.  Dok sal jy die toon kan red of moet dit geamputeer word, vra ek half vies.  Iets wat ek so terloops al self oorweeg het en sommer self sou uitvoer ook as ek net geweet het dit sal werk!
Jong sê hy, ons sal jou suur moet afkry, jou uriensuur is te hoog!  Hy moet tog net nie dat my vrou dit hoor nie, sy sê hoeka ek is party dae so suur sou ek aan ‘n suurlemoen byt trek die ‘n gesig, dink ek by myself.  Verduidelik vir my ek moet rooivleis vermy en eerder vleis eet wat begin met v klanke naamlik, vis vark en fff wel, hoender (moet seker voël wees) en vra wat ek drink, het lus gehad om te vra wat hy het maar bedink my betyds en sê toe maar bier waarop hy toe aanbeveel dat ek dit ook maar moet beperk. 
Met ‘n lam boud van ‘n beesspuit wat hy my gegee het en ‘n voorskrif en leesstof oor jig in my hand hink ek daar weg en voordat ek nog by die apteek kom voel ek die ding begin al beter voel.  Die apteker verduidelik dat hy nie van die klein wit pilletjies het nie maar dat hy vir my die groter pienkes sal gee en dat ek hulle moet in die helfte breek en gebruik soos die etiket sê, ek moet die pille ook net gebruik totdat die gout opgeklaar is of my maag begin spoel.  Met ‘n sakkie vol pille en instruksies om dit te gebruik loop ek al makliker daar weg en toe ek buite kom, sien ek die mansapteek is nog oop en koop toe maar vir my ‘n paar Millers net vir ingeval die gespuis kom kyk of ek die siekte sal oorleef en ons deur die dors oorval word.
By die huis aangekom sluk ek toe vir ’n begin een heel pienk pil, die apteker het gesê ek moet begin met twee van die kleintjies wat dan een grote is, sommer so met ‘n Millers.  Het iewers gehoor pille werk vyftien persent vinniger as dit saam met alkohol geneem word. Val toe maar in die Millers in saam met die gespuis wat kom simpatiseer en uitvis oor hierdie siekte, toe dit slaaptyd word vat ek maar nog een heel pienk pil want nou is dit te moeilik om te sien om die pil te breek.
Vroeg more skrik ek wakker en voel dat die swelsel nou begin sak en sluk ek maar nog een pil net om seker te maak hierdie siekte raak nou genees en vat sommer twee Panado’s vir die hoofpyn ook.
Die oggend aan die ontbyttafel drink ek my koffie terwyl my vrou my aangluur sonder om ‘n woord te sê, al die simpatie van die vorige dag nou vergete. Ek besluit om nou maar die laaste maal een pil te drink dan weet ek, ek is genees en doen toe ook so. Die apteker het mos gesê ek moet die goed drink totdat die gout weg is.
Op my pad uit bêre ek al my slagmesse en ander gevaarlike wapens, wat gholfstokke en koekrollers insluit en gaan werk toe amper sonder om te hink.
Tienuur het ek ‘n vergadering met ‘n unie en loop net daarna weg om vir my vrou iets te gaan koop om te sê hoe jammer ek is dat ek en my pelle ons weer so sleg gedra het die vorige aand ek besluit om sommer vir my nuwe bierglase, met ‘n ander vorm, ook te koop.
Ek ry ‘n begrafnisstoet in die middestad raak en word opgehou in die verkeer, my maag begin draai en ek wonder nog wat ek verkeerd geëet het toe die drukking skielik te erg word en ek ‘n wind moet laat gaan. Ek ervaar onmiddellike verligting maar moet al vier vensters oopmaak om van die reuk ontslae te raak, die gomsnuifer-bedelaar staan ook dadelik weg van my bakkie en trek sy gesig op ‘n plooi, ek maak die vensters na ‘n paar tellings weer toe want nou weet ek nie meer of die stank van binne of van buite die voertuig kom nie.
Die stoet kom verby teen ‘n slakkepas en ek voel die drukking begin weer opbou, helaas kom die laaste voertuig verby en trek ek weg met skreeuende bande om by ‘n badkamer uit te kom.
Engen se joggie loop en soek eers na die sleutel en ek hardloop verby na McDonalds, Ronald is besig om die kinders te vermaak en hulle staan in ‘n bondel en spring rondom hom reg voor die kleedkamer se deur. Koue sweet en hoendervel slaan orals op my lyf uit en ek beur deur die massa kinders en los in die proses om by die badkamer te kom weer ‘n wind, met verligting sak ek op die toilet neer en sien dat ek reeds te laat is. My gunsteling blou onderbroek het ‘n natkol maar ek is verlig. My stoelgang is so verdun dat sou ek dit moes gebruik vir ‘n mondspoel, daar niks tussen my tande sou vassit nie.
Ek kyk langs my en sien dat daar niks toiletpapier is nie, staan toe maar my onderbroek en albei sokkies af in die plek daarvan en stap daar uit, verlig! Ronald en die kinders staan in die parkeerterrein by ‘n patrolliemotor en beduie in my rigting. Party ouers storm by my verby met hul kinders aan die hand, vladerend, lyk soos die pretpark se ontruiming tydens ‘n “disaster movie” en een dame gebruik ‘n menu en waai voor haar gesig.
Ek wonder wat ek vir vroulief gaan sê waarom ek sonder my onderbroek by die huis aankom, maar ek bly verlig; my eerste gout-aanval is verby!
Skrywer onbekend





    Om te weet is om te verstaan.

    Offline Naas

    • Hardebaard
    • Posts: 2283
    • Gender: Male
    • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
    Re: 'gout'-humor
    « Reply #3 on: November 14, 2021, 06:06:08 AM »
    Ek kan simpatiseer. Ek het een keer in my lewe gout gehad en sonder seremonie ophou bier drink. Om geboorte te skenk deur jou groottoon is nie 'n plesier nie.


     :icon_bigsmurf:
    « Last Edit: November 14, 2021, 06:24:12 AM by Naas »
    Ek is maar net een, maar ek ís een.

    Offline PM

    • Administrator
    • Meester
    • Posts: 10692
    • Gender: Female
    Re: 'gout'-humor
    « Reply #4 on: November 14, 2021, 11:06:10 AM »
    Ek skenk liewers lewe deur my groottoon as deur . . .
    Nee kom nou,
    Ek het al gehoor dat ouens wat galstene passeer dieselfde klagte het. 
    Die voordeel is dat jy nie iets het om aan die bors te sit vir die volgend jaar nie.  Of iets wat jou lewenslank laat bekommer nie. 
    Om te weet is om te verstaan.