Author Topic: 'Newspaper Blackout Poetry'  (Read 4173 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
'Newspaper Blackout Poetry'
« on: May 30, 2018, 04:09:06 AM »
In ons pandok is daar heelwat gedigte te lees in verskeie formaat. Sommige van dit selfs in kreatiewe koerantvorm.  Austin Kleon se 'Newspaper Blackout Poems' is net die ding as jy lang tye in die trein of per bus werk toe reis en loer na sekere woorde wat uitstaan tussen baie ander.

"Instead of starting with a blank page, poet Austin Kleon grabs the New York Times and a permanent marker and eliminates the words he doesn't need".



Hier is 'n voorbeeld uit een deel:

A Big Catch
in a small aquarium
stranded at the local pet store
on a weekday
draggin along
through the
cold water (en dan moet jy omblaai...)



Voor jy wonder oor die rondawel-formaat - die bundel het een oggend terwyl ek afstof, uit die buiteblad geskeur en toe het ek besluit om dit ietwat anders in te span en dit lees nog steeds heel kreatieflik en lyk tuis op die tafel terwyl dit die honger ou besig kan hou wat wag dat daar opgeskep word  :icon_biggrin:

« Last Edit: May 30, 2018, 11:33:36 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #1 on: July 30, 2018, 01:38:06 PM »
Jy kan seker hoor hoe raas en blaas ek van pure uitasem gehol om hier uit te kom. 
Wow, ek dink darem nie ek het soveel Geduld of Kundigheid nie, alhoewel dit kan dalk groot pret wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #2 on: August 15, 2018, 10:08:59 AM »
Lief dit! Dit is 'n perfekte voorbeeld van metamodernisme.  :hello:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #3 on: August 15, 2018, 11:08:20 PM »
Fransi, so wonderlik om jou hier raak te loop. Inderdaad is hierdie vorm van dig, anders en het al baie aandag getrek. Lief jou woord. Totaal vreemd vir my en die vingers moes eers weer gaan googleloer!

 :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #4 on: August 20, 2018, 01:51:07 PM »
Welkom Fransi, welkom matertjie.  Ek hoop jy kom deel jou skrywes met ons en vertel 'n bietjie waarheen het die lewensstrome jou heengevoer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #5 on: August 21, 2018, 04:25:06 PM »
Koekeloer en Googleloer, lief dit!

Hallo Pm.  :hello: Lekker om weer hier in te loer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #6 on: August 21, 2018, 04:29:30 PM »
Ek verlustig my hier in die sandput. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #7 on: August 07, 2019, 12:36:38 PM »
As dit nou die volgende drie weke lank voorkom of ek 'n 'black out' het - geen rede tot kommer maters. Ons gaan die wieletjieshuis hak en kus langs toer vir welverdiende breekkans van Vrydag af. Hou die blinkkant bo ... ek kom weer aansit om te loer wat is intussen in die woordsandput geskep.
 :love7: :notworthy: :hello:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #8 on: August 08, 2019, 06:44:45 AM »
Ta Raaitjie en Outop moet die ruskans voluit geniet. Ons sal julle mis want dis maar stil hieso sonder julle. :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #9 on: August 29, 2019, 12:25:01 PM »
Liefste Assie, as ek nou 'n black out gediggie wou skep uit ons wegbreek, sou daar hopeloos te veel swart spasies gewees het en net 'n geblaf tussen in. Die griepvirus het sy kloue diep in die twee oues van dae geslaan en nou sterk ons tuis aan en geniet die laaste paar dagies net hier in die pandokkie.  :icon_biggrin:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'Newspaper Blackout Poetry'
« Reply #10 on: August 30, 2019, 02:24:42 AM »
O my grote Griet
Wat n verdriet
Ek hoop die hondsiekte kry gou koers...

 :mumum: