Digkuns > Digformules of -strukture

'Newspaper Blackout Poetry'

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
In ons pandok is daar heelwat gedigte te lees in verskeie formaat. Sommige van dit selfs in kreatiewe koerantvorm.  Austin Kleon se 'Newspaper Blackout Poems' is net die ding as jy lang tye in die trein of per bus werk toe reis en loer na sekere woorde wat uitstaan tussen baie ander.

"Instead of starting with a blank page, poet Austin Kleon grabs the New York Times and a permanent marker and eliminates the words he doesn't need".



Hier is 'n voorbeeld uit een deel:

A Big Catch
in a small aquarium
stranded at the local pet store
on a weekday
draggin along
through the
cold water (en dan moet jy omblaai...)



Voor jy wonder oor die rondawel-formaat - die bundel het een oggend terwyl ek afstof, uit die buiteblad geskeur en toe het ek besluit om dit ietwat anders in te span en dit lees nog steeds heel kreatieflik en lyk tuis op die tafel terwyl dit die honger ou besig kan hou wat wag dat daar opgeskep word  :icon_biggrin:

PM:
Jy kan seker hoor hoe raas en blaas ek van pure uitasem gehol om hier uit te kom. 
Wow, ek dink darem nie ek het soveel Geduld of Kundigheid nie, alhoewel dit kan dalk groot pret wees. 

Fransi:
Lief dit! Dit is 'n perfekte voorbeeld van metamodernisme.  :hello:

Meraai vannie Baai:
Fransi, so wonderlik om jou hier raak te loop. Inderdaad is hierdie vorm van dig, anders en het al baie aandag getrek. Lief jou woord. Totaal vreemd vir my en die vingers moes eers weer gaan googleloer!

 :book1: :notworthy: :icon_salut:

PM:
Welkom Fransi, welkom matertjie.  Ek hoop jy kom deel jou skrywes met ons en vertel 'n bietjie waarheen het die lewensstrome jou heengevoer. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version