Author Topic: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard  (Read 4931 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« on: May 27, 2018, 10:13:34 PM »
Ek kom deel so graag hierdie mooi woordvers van Karen Hougaard.  Die besonderhede en omstandighede verskyn onder die vers.  Dit het my hartsnare gepluk.

Los dit

As jy sou weggaan
los vir my ’n briefie
los dit op die yskas of
oppie hangkas
skryf dit op
’n post-it-plak-papiertjie
en los dit, los dit, los dit

Sonder ’n groot gedoe
griffel die hoekoms,
die waaroms en
waarheen en
nommer al my foute
benoem elke liewe een

Los – as jy sou weggaan
’n briefie met die dag
en met die tyd
noteer sekonde vir sekonde
toe jy besef het
dit was uit

As jy sou weggaan
los vir my ’n briefie
los dit op die yskas of
oppie hangkas
skryf dit op
’n post-it-plak-papiertjie
en los dit, los dit, los dit, los dit

Inventeer numeries
of alfabeties
die tye saam verwyl
in hotelkamers, wagkamers, die bad
ons geskiedenis detail vir detail
lys veral ten slotte
ons stiltes en ons storms –
ons blywees en ons seer
lys veral ten slotte
ons mooiste momente weer

En as jy dan sou bly
los vir my ’n briefie
skryf dit op my arm,
skryf dit op my boud
skryf dit op my oordrom
en trek my dan weer toe,
dis koud, dis koud, dis koud

Teks: Karin Hougaard, 2015

Dit is die liedteks wat ’n Suid-Afrikaanse Afrikaanse liedjieskrywer-sangeres op versoek van die Nederlandse vermaak-ikoon Herman van Veen geskryf het ter viering van sy 50 jaar op die verhoog. Hy het die musiek komponeer, het die teks in Nederlands vertaal en sing dit by sy vertonings. Karin het dieselfde liedteks in 2016 op versoek van die Nederlandse sangeres Jannemien Cnossen in Engels vertaal. Dit pryk nou op haar nuwe CD.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« Reply #1 on: May 27, 2018, 10:39:00 PM »
Ek het hierdie verse intens geniet. Die krag en ritme en herhaling van woorde my weereens getref. Duisend dankies vir deel met ons ook!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« Reply #2 on: May 28, 2018, 07:39:33 AM »
Dit is wat dit weer so heerlik maak om in die forum se gange te mag dwaal.  Mens het so behoefte daaraan om op woordskatte waarop jy afgekom het met iemand wat dit ook waardeer te kan deel.  :toothy4:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« Reply #3 on: July 23, 2018, 11:37:42 AM »
Baie dankie Lief Anastasia vir die deel hiervan.  Ek het dit werklik baie geniet en soos jy weet, maak ons kort kort 'n draai en geniet dit weer. 
Ek is so bly jy is weer terug hier by ons.  Ek het jou gemis.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« Reply #4 on: July 25, 2018, 04:11:03 PM »
Dankie, PM.  Ek self het ook weer vir 'n wyle in die diep gat van besig wees se bek beland.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« Reply #5 on: July 25, 2018, 06:09:06 PM »
Weet jy!  Ja ek is seker jy weet.  Toe ek nog 'n "jongeling" was kon ek orals wees, nou is ek met pensioen en is so besig ek weet nie waar om te vat of waar om te los nie.  Ha-ha!





Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« Reply #6 on: August 01, 2018, 06:53:29 AM »
Die ergste is dat ek meestal juis voor die rekenaar bedrywig is, maar met my aanlyn skoolwerk.  Dit is 'n reuse sukses, en ek is so dankbaar daarvoor.  Maar dit gee heelwat minder tyd vir ronddwaal op die gesels plekkies.  Ja, ek vind ook dat ek nou met aftrede veel besiger is.  Ek los ook so dan en wan nog bietjie af by skole vir 'n maand hier, twee maande daar.  Dit is vir my baie lekker, skoolhou sal seker maar altyd my passie en binnevlam wees.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom vat 'n happie van die mooie vers van Karen Hougaard
« Reply #7 on: August 02, 2018, 12:29:29 PM »
Ek glo skoolhou is in jou wese of dit is nie.  Jy het niks hol bene nie, elkeen is vol liefde vir skoolhou!   :read:
Om te weet is om te verstaan.