Author Topic: Chicken Shnitsel  (Read 2789 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Chicken Shnitsel
« on: May 27, 2018, 07:54:59 PM »
Goeiste, ek weet nie eers hoe jy dit spel nie of hoe jy dit in Afrikaans noem nie, maar ek weet julle sal gou kom help met die bewoording.

My man eet nie hoenderborsies nie, basta.  Klaar!
Nou was dit die enigste vleisie wat ek in my huis had en ek moes maar 'n plan maak.  Nou het ek 'n rukkie gelede 'n varkkop gepekel.  Dit is nou soutwater wat veronderstel is om alles MOOI skoon te maak en 'n bietjie "karakter" aan jou vleis te gee.
Vat ek nou hierdie hoenderborsies, (so om en by ses) sny dit in die middel deur, (in die lengte) lê dit in die soutwater (seker so 2 liter water met twee eetlepels sout) vir twee ure. 
Maak dit droog met of kombuispapier of 'n skoon vadoek.  Vat 'n bord en gooi koekmeelblom daar in en sorg dat al die vleis goed bedek is met die meel.  Klits twee of drie eiers, want jy wil genoeg eier hê om 'n lekker groot  GROOT ui in ringe gesny, ook daarin te doop.  (Dik snye.) (Onthou om dit ook eers met koekmeelblom "af te stof".)
Stof die hoender met die koekmeelblom, doop dit in die eier, gooi die hoenderstukke lekker dik met gegeurde broodkrummels, braai dit in lekker warm olie vir drie minute en draai om, braai nog drie minute, skep uit op kombuispapier en na vyf minute druk jy jou ore toe want jy is nou al moeg gehoor hoe lekker hierdie hoenderborsies is!  Ha-ha!  Na vyftig jaar.  Uiteindelik, sukses, met hoenderborsies!  Wil jy nou meer!
Na die hoenderborsies braai jy die uie.  Twee minute aan elke kant!

As alles 'n bietjie deurmekaar is moet julle verstaan dat dit is al laat al, die jamwa is op straat al!  Ek sal more enige ander vrae beantwoord. 
Dan moet ek ook die ander hoender-resep met julle deel.  Moeder, dit is nog lekker der as lekker!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Chicken Shnitsel
« Reply #1 on: May 27, 2018, 11:25:45 PM »
 :bootyshake: :notworthy: :icon_salut: Altyd opsoek na 'n lekker hoenderresep. Kon dit amper ruik PM!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chicken Shnitsel
« Reply #2 on: June 20, 2018, 06:42:17 AM »
Dit het nou goed gewerk!  Maklik en heerlik!
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chicken Shnitsel
« Reply #3 on: August 08, 2020, 10:36:27 AM »
Vir vanaand maak ek weer hoenderborsies.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.