Author Topic: En hier is ek alweer  (Read 4858 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
En hier is ek alweer
« on: May 27, 2018, 10:15:48 AM »
En hier is ek alweer.  Na 'n droogte van woorde van ongeveer twee jaar.  Ek woon nou by die see, het gedink dit sou my super inspireer, maar het intussen besig geraak met aanlyn toesprake, skoolhulp en taakredigering.  Het ook weer vir 'n kort rukkie skoolgehou.  Dit was heerlik, maar my gesondheid is maar nie waffers genoeg om die druk te hanteer nie. 

Ek het 'n wilsbesluit gemaak om weer aktief te begin kreatief skryf, maar vind deesdae dat my woordwerke in Engels geskep wil word.  Sal dit 'n probleem wees as van my werke wat ek op my werfie plak in die Rooi Taal is?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: En hier is ek alweer
« Reply #1 on: May 27, 2018, 10:23:27 AM »
Liefste woordmater, hoop jy kry gou antwoord. Sien daarna uit om jou skeppings te lees en hoop jy kry die nuwe aangevraagde password! Ek het myne ook vergeet en bly maar aangeteken  :icon_bigsmurf: Sterkte met die gesondheid. Dink aan jou.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: En hier is ek alweer
« Reply #2 on: May 27, 2018, 10:41:01 AM »
Baie dankie, Meraai.  Ek dink jy is die enigste woordmater met wie ek nog konstant in kontak gebly het.  Ek het darem hier aangekom met 'n spiksplinternuwe wagwoord wat pas soos 'n nuwe skoen.   :hello2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: En hier is ek alweer
« Reply #3 on: May 27, 2018, 11:36:39 AM »
Seg ek net gou weer baie welkom matertjie.  Jy is meer as welkom om jou skeppings in Engels te plaas.  Ons kan almal Engels lees en geniet dit ook. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: En hier is ek alweer
« Reply #4 on: May 27, 2018, 03:38:39 PM »
Baie dankie, PM.  Ek waardeer.   :toothy4:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: En hier is ek alweer
« Reply #5 on: May 27, 2018, 05:05:11 PM »
Welkom Noordliggie. Ek is so bly om weer jou stem te hoor. Gesien die waters daar by die see was soms vir jou en familie bietjie diep maar gelukkig kan julle goed swem.
Ek is BAIE bly jy is weer met ons.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: En hier is ek alweer
« Reply #6 on: May 27, 2018, 07:43:31 PM »
Ai, wat 'n mooi welkom woord.  "Noorderliggie'  (pink 'n traantjie weg)  Ek het 'n wilsbesluit gemaak om weer my kreatiewe tassie uit te pak.  Soms verloor jy iets en dan weet jy dat jy tussen sielsvriende moet wees.  Wat jou gegriffel en gewroeg kan verstaan.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: En hier is ek alweer
« Reply #7 on: May 27, 2018, 08:02:37 PM »
Ek mis jou eertydse avatar, met die "tannie en haar slippers".  Was daar nie "curlers" in haar hare nie?  Maak nie saak nie, ek is ook baie bly jy is weer met ons.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: En hier is ek alweer
« Reply #8 on: May 27, 2018, 08:21:37 PM »
Jong, PM, ek het deur stadiums mos maar gegaan.  Eers die noorderliggie en later die ou tan Stienie.  Vir nou is ek eers hier met die 'ek is genoeg' embleempie.  Mens travel soms eers 'n lang pad om dit te besef.  By daardie essensie uit te kom. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: En hier is ek alweer
« Reply #9 on: June 20, 2018, 06:44:25 AM »
Dit maak nie saak hoe jou avatartjie lyk nie, ek is net bly jy is terug.  Ons het jou baie gemis.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: En hier is ek alweer
« Reply #10 on: July 07, 2018, 06:49:04 AM »
Ek wil graag gesels hier, maar sien die verkeer is maar min
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: En hier is ek alweer
« Reply #11 on: July 07, 2018, 07:16:24 AM »
Verkeer is min.... so bly iemand anders voel ook soos ek, soms skoon moedeloos as ek inloer en net my eie spore sien op die stof in ons forumgange  :crybaby2: So het elkeen maar sy eie dinge en linge waarmee ons tyd opgeslurp word. Dankie vir jou inloer matertjie. Sterkte met die nare ou lupus. Sebliefie dink daaraan om jou pad met hierdie vyand te kom deel met ons. Daar is 'n geweldige leemte vir inligting in Afrikaans oor verskeie van ons kwale en skete.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: En hier is ek alweer
« Reply #12 on: July 21, 2018, 05:37:50 PM »
Hierdie laaste maand was vir my 'n dol tyd.  Ek is so jammer dat ek die forum so afskeep, maar ek hoop die volgende paar dae sorteer ek al my dinge uit en dan kuier ons weer al die nette stukkend.  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.