Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

En hier is ek alweer

(1/3) > >>

Anastasia:
En hier is ek alweer.  Na 'n droogte van woorde van ongeveer twee jaar.  Ek woon nou by die see, het gedink dit sou my super inspireer, maar het intussen besig geraak met aanlyn toesprake, skoolhulp en taakredigering.  Het ook weer vir 'n kort rukkie skoolgehou.  Dit was heerlik, maar my gesondheid is maar nie waffers genoeg om die druk te hanteer nie. 

Ek het 'n wilsbesluit gemaak om weer aktief te begin kreatief skryf, maar vind deesdae dat my woordwerke in Engels geskep wil word.  Sal dit 'n probleem wees as van my werke wat ek op my werfie plak in die Rooi Taal is?

Meraai vannie Baai:
Liefste woordmater, hoop jy kry gou antwoord. Sien daarna uit om jou skeppings te lees en hoop jy kry die nuwe aangevraagde password! Ek het myne ook vergeet en bly maar aangeteken  :icon_bigsmurf: Sterkte met die gesondheid. Dink aan jou.

Anastasia:
Baie dankie, Meraai.  Ek dink jy is die enigste woordmater met wie ek nog konstant in kontak gebly het.  Ek het darem hier aangekom met 'n spiksplinternuwe wagwoord wat pas soos 'n nuwe skoen.   :hello2:

PM:
Seg ek net gou weer baie welkom matertjie.  Jy is meer as welkom om jou skeppings in Engels te plaas.  Ons kan almal Engels lees en geniet dit ook. 

Anastasia:
Baie dankie, PM.  Ek waardeer.   :toothy4:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version