Digkuns > Digformules of -strukture

Kom toi-toi in kleur met die ABC

(1/1)

Meraai vannie Baai:
As gevolg van die gebrek aan Afrikaanse riglyne vir 'colour poems' het ek maar op eie stoom voortgedoet. Sommige Engelse strukture gebruik 'n metafoor en drie vergelykings. Ander span weer die vyf sintuie in. Gesien in die lig van ons huidige kleurbewuste situasies in die gawement het ek getoi-toi met die ABC in eindrym en myself gestut op 'n alliterasie-kruk.

 :icon_salut:  :`ip2:

As 'n mens wit eens kon meet sou dit wees
so wyd soos die gena' van ons Liewe Heer
sou jy dese dae dit waag om te probeer
sal wit niks meer of minder wees
as net 'n skandvlekbleek asemveeg.
© Meraai vannie baai

Naas:
Sewe kleure in die reenboog.
Word hul by mekaar gesit,
Ieder een 'n deel van wit.
Vat jy al die kleure weg
word jou sig maar uiters sleg
want dan is alles swart
en is jy blind opreg.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ek het my toi-toi verander in 'n jubeldans. Jy toor met woorde Naas.  :icon_cheers: :book1: :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version