Author Topic: botswana 1 c  (Read 3915 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana 1 c
« on: June 30, 2011, 10:29:02 AM »
Foto 0026 K

 Hier maak ek vir ons ‘n alikreukel voorgereg.

Foto 0027 F



 kamp Kazakini. Hier het ons van die dag se kort ry en droë klimaat gebruik gemaak om wasgoed te was.

Foto 0028 A

  van die ablusie geriewe, sulke hokkies van riet sonder dak vir die toilette en storte.

Maandag het ons verder gery na Xakanaxa in die noorde van die delta. Paar olifante en kleinwild oppad daarheen gesien.
 
Foto0029 A

Warick in die veld waar ons vir Faffa wag want hy het stadiger gery oor die sleepwa wat hy getrek het en om uit my stof te bly.

Foto 30 A

brandstof hervul in Xakanaxa. Ons het heelwat ekstra petrol saamgery aangesien die afstande tussen beskikbare petrol so ver uit mekaar is.

Foto 0031 A.

 Die ander 6 mense in ons groep het gewonder of my of olifant se spoor meeste krake wys. Besluit maar self.

Ons gaan toe op ‘n sononder “gamedrive” en dit gaan baie voorspoedig.


Op foto 0032 F

 geniet ons die sononder kleure met ‘n versterking in die hand.
Foto 0033 F en 34 F wys die mooi kleure wat die gras verkleur na sononder.





Ons ry toe verder maar nie weer al langs die water nie want daar gaan dit vrek stadig. In die kamp wag ‘n pot vol deeg wat rys en nou op die kole moet kom, dus sodra ons by die kamp aankom moet daar vuur gemaak word en brood gebak word wanneer die kole reg is.

Ons sien dat die toeroperateurs weg van die water ry en ons volg hulle. Een voertuig stop en ons sien hulle het die leeu in die boom raakgesien op Foto 0035 F.  



Ek ry voor en sien paadjies op tracks 4 africa se kaart en volg dit want die toeroperateurs het ander koers ingeslaan. So 4 keer omgedraai en ander pad gevat elke keer as ek water in die pad sien, en toe sien ek op die gps dat die grootpad naby die kamp is net sowat 150 meter voor ons en daar loop ‘n paadjie deur die lang gras daarheen. Ek neem die pad en 100 meter verder staan ons, binne in die water wat diep is. Die enjin loop nog maar bakkie is vas op sy pens in die modder.  Ek sê so skiet gebedjie op en glo die Here sal ons hier uit kry.

Ek sê vir Faffa oor die 2 rigting radio dat hy moet omdraai met sy bakkie en ek sal al die toue en bande wat ons het las, dit gee sowat 60 meter. Ons haak met groot vertroue en als help niks want Faffa se bakkie staan en spin op die nat modder gras.
 Haal nog ‘n  trek band  asook kenetiese band uit en las als aanmekaar. Dit help niks die een band het gebreek. Intussin het daar plaaslike mense in die “grootpad” stilgehou en kom kyk wat aangaan. Hulle wou ons vorentoe sleep maar die water raak net dieper. Ons besluit om die bakkie daar te los tot more oggend dan verder te kom sukkel. Die swartman wat die bakkie bestuur sê dat hy gou iemand met trekker gaan roep en ek vra in ongeloof trekker wat jy waar kry. Hy antw hier anderkant en ek vra gaan jy bring. Hy sê nee ander man en ek wonder hoe gaan hy iemand die tyd in die donker nag in die delta oorreed om vreemde dom boer te gaan help,
Hy verseker my die man sal kom en ons sê hom dankie en ons sal net hier vir julle wag so asof ons kon weggaan. Ons lag toe lekker daarna vir ons uitlating. Dit het gehelp ys breek dat niemand vir niemand kwaad word nie en net daar besluit ons dat ons ‘n lekker storie gaan hê om te vertel.

Faffa ry ompad na waar die mense stilgehou het en ons wag in die donker in die water vir die trekker. Soos dit donker geraak het, het die muskiete kom pla en ons het geen tabard of wat ook al byderhand om hulle weg te hou nie. Al wat effens help is ons sweetpak baadjies om ons arms te beskerm. Ek klim in die bakkie en maak deur toe maar daars dit benoud en die muskiete is al reeds binne en hinder. Klim toe weer uit. Albertus gaan staan voor die bakkie met sy bene in diep water dat muskiete nie kan bykom nie en dit het wel teen muskiete gehelp.
Warick sê hy hoor iets in die water en vertrou nie die vrede nie hier kan dalk krokkedil wees. Hy klim toe bo-op die bakkie se dak.ek dwaal maar heen en weer langs die bakkie en wonder ook wat hoor ons, krok of padda.


Foto 0036 A


die manne lyk bekommerd, ja ons was bekommerd.
Foto 0037



My broer se kommentaar was toe hy dit hoor mens probeer nie nuwe tricks of nuwe paaie teen sononder nie.
« Last Edit: June 30, 2011, 10:32:33 AM by Lox »
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: botswana 1 c
« Reply #1 on: July 01, 2011, 08:39:54 AM »
O gonna madonna! 

Lox, daai olifant kan maar gaan slaap, jou voete het baie meer karakter as olifant s'n.   :icon_biggrin:

Ag nee,  hoe lank moet ons nog hier in die modder vasgevang wees!  Bring nou daai trekker!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana 1 c
« Reply #2 on: July 01, 2011, 08:56:26 AM »
gewonder wie gaan opgewonde of bekommerd raak oor die modder vassit.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: botswana 1 c
« Reply #3 on: July 01, 2011, 09:03:38 AM »
Dit is soos vervolgverhale!  Hoekom ek nie "soapies" kyk nie!  Ek wag in spanning, die muskiete eet my op!   Weet nie of dit paddas of krokkewane in die water is nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana 1 c
« Reply #4 on: July 01, 2011, 09:06:47 AM »
daai het ons ook gewonder wat se lelike goed daar in die water in die donker is.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.