Woordskuur > Kreatiewe Skryfstyle

Die 5 W's skryfstyl as gedigstruktuur.

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Baie jare gelede het ek die 5 W's skryfstyl gedeel. Hierdie riglyne kan ook toegepas word in 'n eenvoudige gedigstruktuur.  Daar is geen voorgeskrewe digvorm of rym vereistes nie. Jy antwoord bloot net vyf vrae in vyf reëls.

Reël 1: Oor Wie/Waaroor gaan die gedig?
Reël 2: Watter aksie vind plaas?
Reël 3: Waar vind die aksie plaas?
Reël 4: Wanneer gebeur dit?
Reël 5: Waarom gebeur dit?

Vyf vrae
word geantwoord
op die skerm voor jou
en binne 'n ommesientjie
pronk jou 5 W's gedigstruktuur.

Daar is soveel moontlikhede as jy begin woeker met hierdie eenvoudige skryfstyl.

Naas:
Kom ons praat gou hier van Zuma
Hy soek vroue vir sy woema
Oral op Nkandla
word daar elke dag gevra
vir nog kinders om sy beeste aan te ja.



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
 :toothy4: :hello2: :notworthy:

Terug gesluip na hierdie kostelike voorbeeld van jou Naas. Dit is dan ook 'n perfekte voorbeeld van die Mono-rym struktuur waar al die woorde aan die einde van elke reël moet rym. Welgedaan weereens  :`ip2:

PM:

Onse lief Meraai vannie Baai,
met haar pen laat sy louter waai
hier op ons  Afrikaanseforum
van soggens vroeg tot snags laat
slegs vir die liefde van die saak.


Sy is lief vir skryf en lees
elke oomblik van haar menswees
voor die stoof of in die bed
skryf sy versies en liedjies
oor alles en nog wie weet wat.

Meraai vannie Baai:
 :icon_bigsmurf: Hoe skryf mens dankie dat die ander persoon presies weet HOE opreg dit bedoel word? Perfekte 5 W's matertjie
 :notworthy: :angel8: :book1:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version