Woordskuur > Uit die ossewa se medisynetrommel

Pynsalf

(1/3) > >>

PM:
Hier is n paar salwe wat veral in die winter verligting sal bring.

PYNSALF
1 Groot blik Zambuk salf
3 buisies Wintergreen ( 25g elk)
1 botteltjie Haarlemensis
Sit die 2 salwe in n dubbelkoker en smelt die salwe. Haal van die stoof af as dit gesmelt is
en gooi dan die botteltjie Haarlemensis. Meng goed en gooi af in n glas botteltjie.
SALF VIR WONDE WAT SUKKEL OM TE GENEES

1 Potjie Ponds Cream
1 blikkie Sinksalf
2 teelepels Friars BalsemDie grootste geskenk wat n mens jouself kan gee, as jy sukkel met n wond wat stadig genees, in om nie moedeloos te word nie en om geduld te he met die genesings-proses. Die liggaam genees stadiger as n mens sonder moed is. Bemoedig jouself elke keer as jy met jou wond werk.

Meraai vannie Baai:
 :notworthy: :hello2: :icon_salut: Duisend dankies mater.

PM:
Kry mens nog Pond's salf?  Dit laat my dink aan:  Why dit Pond'scream?  Because Maxfactor!

Meraai vannie Baai:
Ek is opsoek na raad vir wonde wat stadig genees. My sus word vandag geopereer. Sy is 'n diabeet en het gevorderde, verspreide borskanker. My skoondogter het vertel van 'n maatjie op skool jare gelede wat se pa sy been sou verloor en heuning op die wonde het blykbaar sy been gered. Enige iemand anders kennis van dit?

PM, ek het so bietjie gaan grawe na hierdie pynsalf-resep van jou en kom toe af op hierdie youtube bydrae waarin die vroutjie presies dieselfde salf se resep 'beduie'. Daar is blykbaar 'n baie spesiale manier waarop jy hierdie wonderkuur moet aansmeer  :icon_biggrin: van bo na onder.... nie anders om nie  :evil6: :icon_biggrin:

https://www.youtube.com/watch?v=MmeF-3Ok994

PM:
Ek het hierdie video regtig geniet.  So eg Afrikaner! 


Op 'n kol het 'n spinnekop my gebyt en ek het vir maande gesukkel met allerhande salf en antibiotika en jy noem dit.  Toe gee Ouma Naas vir my die raat om heuning te vat en dit met genoeg kaneel te meng om 'n dik pap te maak.  Ek moes dit dik aansmeer, 'n pleister of lappie opsit en dit elke dag vervang.  Dit was nie 'n maand nie toe is dit genees.  Regtig!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version