Author Topic: Kartoefels, die droomvanger  (Read 1029 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Kartoefels, die droomvanger
« on: April 05, 2018, 09:16:53 PM »



Kartoefels, die droomvanger

Almal het al gehoor van die tandemuis,Klaas Vakie,die paashaas en nog baie ander.Het julle al gehoor van Kartoefels die droomvanger?
Hier is haar storie:
Kartoefels leef saam Uil in n boom.Nie net is hulle goeie vriende nie,maar hy vlieg haar rond waar sy wil wees.Hulle is in die aande baie besig, want dit is wanneer sy en Uil rondvlieg om drome te vang.Kartoefels is baie rats.Sy moet wees, want almal weet mos hoe vinnig ñ droom kan verskyn.Bedags is daar geen teken van haar en vriend Uil nie,want dan slaap hulle.Sy slaap snoesig in haar blaar bedjie wat uitgevoer is met die sagte veertjies van Uil. Uil slaap baie laer af in die boom,want hy is bekend vir sy harde gesnork.Eekhoring het een dag kom oorslaap.Hy was siek en wou net wegkom van sy kinders wat super besig is bedags.Hier het hy gedink gaan hy n bietjie rus inkry.Uil se gesnork het hom so gepla dat hy eerder weer teruggegaan het na hulle boom en sy kinders se gespring op sy bed trotseer het. Wat maak Kartoefels met die drome wat sy opvang?Sy brei kombersies vir alle diere of klein kindertjies wat net die ekstra gemak nodig het.Wanneer sy klaar is daarmee, gaan lewer sy dit af waar dit handig te pas kan wees. Gister het mamma hasie ñ kombersie bestel en vanaand gaan Kartoefels en vriend Uil dit aflewer.
Selfs nagmerries kom handig te pas.Dit word ook opgevang en in n sak gesit.Die sak word spesiaal deur spinnekoppe geweef.Om so ñ sak te kry is ñ baie moeilike taak, want hierdie spinnekoppe weef net bedags en Kartoefels moes die geweef geduldig afwag. Sy wou aan die slaap raak,maar as sy dit gedoen het,het die spinnekoppe ophou weef.Daarom moes sy toesig hou.Spinnekop drade is baie taai.Dit is hoekom dit die beste werk.Dit hou die nagmerries binne,anders het dit uitgeglip en weer die kind of dier wat die nagmerrie droom,gaan pla.Met die nagmerries word deurmatjies geweef.Dit hou Kartoefels lank besig,want sy moet heeltyd keer dat dit nie ontsnap nie.
Kartoefels vlieg een aand terug boom toe.Hulle het ñ klomp nagmerries bymekaar gemaak.Kartoefels loop dadelik na die stoortjie toe om die sak met nagmerries daar te stoor. Sy moet eers klaarmaak met n paar kimbersies.Die winter is oppad en sy wil ñ klomp in voorraad hê.Daar is altyd ñ onverwagte versoek vir ñ kombersie.Sy brei flink en een na die ander kom die kombersies klaar. Ñ Hele hopie lê op die grond.Sy staan op en rek haar rug so n bietjie.Sy begin nou moeg word en plaas die laaste kombersie op die hopie,baie tevrede met die vordering wat sy gemaak het.Sy maak vir haar en Uil elk n bekertjie akkertee. Hy is besig om ñ oulike boek te lees en sy verdien ook n ruskansie. Sy is nog nie vaak nie en besluit om die sak nagmerries te gaan haal.So een of twee deurmatjies brei voor slaaptyd sal nie skade doen nie en sy loop met ñ kers af met die trappe na die stoortjie toe.Die deurtjie staan effens oop wat nogal vreemd is,want sy het dit tog toegemaak nadat sy die sak gebêre het.Tot haar skok is die sak met nagmerries nie daar nie.Sy stap dieper die stoortjie binne, maar daar is net ñ paar ander sakke en houers met kos voorraad in.Sy maak die deurtjie toe en hardloop die trappe sommer twee twee op.Uitasem kom sy in die kamer waar Uil nog sit en lees.Sy vra vir hom of hy nie die nagmerrie sak gesien het nie,maar Uil skud sy kop.Hy het dit laas gesien toe sy met dit oppad was stoortjie toe.Daar is net een verklaring.Iemand het dit gewteel,maar wie sou dit wou doen?!
Daar is n klop aan die deur en Uil gaan maak dit oop.Dit is Nagapie wat dringend met hulle wil praat.Kartoefels maak vir hom ook akkertee.Hy vertel vir hulle dat hy vir Vlêrmuis met ñ sak by die boom se venster sien uitvlieg het.Kartoefels is baie dankbaar vir die stukkie inligting en besluit om te wag tot môreaand om vir Vlêrmuis te gaan vra.Sy is nou te moeg.Nagapie kry ook sommer ñ kimbersie vir die inligting wat hy vir hulle kom gee het.
Kartoefels en Uil slaap die hele dag deur en die aand vlieg hulle dadelik na Vlêrmuis se grot om hom ñ paar vragies te gaan vra.Gelukkig is Vlêrmuis nog tuis en voor hy kan dink om te ontsnap, het Uil hom aan sy een vel arm beet.Met Uil se skerp kloue wat hom gevange hou, stoei hy nie veel nie en is so mak soos ñ lammetjie.Hy vertel vir hulle dat dit spinnekop was wat wou hê hy moet dit steel.Spinnekop hou nie van kinders of ander diere nie,want hulle wil hom altyd vertrap of doodmaak.Dis hoekom hy hul nagmerries wou teruggee.Gelukkig het Vlêrmuis die sak vir hulle teruggegee,want hy het dit nog nie vir Spinnekop gaan gee nie. Spinnekop voel klaar jammer dat hy so skelm wou wees en het mooi omverskoning gevra.Hy het so bietjie gedink en agtergekom as hy uit almal se pad uit bly, dat hy ook veiliger sal wees en dat hy nooit ooit weer so ñ slegte plan sal maak nie.
Gelukkig vergewe Kartoefels en Uil gou en het sy selfs vir Spinnekop ñ piepklein kombersie gebrei. Spinnekop was verbaas.Hy het gedink dat sy eerder sy nagmerrie vir hom sou teruggee.Nou is daar weer vrede tussen almal en Kartoefels brei voort...

Anicia McDermott 04/04/2018