Author Topic: Ek is op soek na klippe  (Read 1919 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Ek is op soek na klippe
« on: March 25, 2018, 09:32:47 PM »

Ek is op soek na klippe. Baie klippe. Ek wil tuin maak.

So stap ek deur die internet-kanale. Almal goegeloer mos deesdae na iets wat nodig raak. Daar is duisende fb-blaaie en nog meer internet-blogs of webwerwe vol gesels en voorbeelde van alles op aarde … en in die ruimte. Dink maar aan iets en iewers is daar reeds iemand wat daaroor geskryf het. Foto’s is volop. Of jy nou haarstyle of prentjies vir jou naels soek; tuine vol klippe en vetplante wil pak; resepte, skole, of werk soek. Noem maar en dis daar. Maar baie, seker meeste daarvan, het kopiereg op die foto’s of selfs die skrywes.

Ek voel die ongelukkigheid en magtelose woede van skrywers wie se werke sonder hul toestemming versprei word. En alle klere wat oral te sien is, kan nagemaak word. Geen absolute patroon is meer vir hulle wat goed naaldwerk kan doen, nodig nie. Jou rekenings en verjaarsdagwense kom kuberlangs na jou toe. So het internet ons lewe en die wêreld oorgeneem.

Dan vat ek my Bybel en lees daaruit. Soms rond en bont, soms in volgorde. En besef dat ek nie daarvoor enige internet nodig het nie. Ook nie kopiereg-vergunning nie. Dit is maar net altyd daar. En dit was altyd daar. God se Woord, natuurlik. En God ook want Hy en sy Woord is een.

Ek kan selfs net my oë toemaak en met Hom gesels. Of na Hom luister. Ek het nie telkomseine of data nodig nie. Of elektrisiteit nie! Ek het nie ‘n skoottoppie of tablet of selfoon nodig nie. Ja, ek pak nie my Bybels weg nie, maar gebruik dit elke dag nog.

Wat ‘n vreugde en voorreg is dit nie om enige tyd, enige plek, uit enige geestelike geskrifte te lees of na gospelmusiek te luister nie? Of, soos reeds gesê, stil te raak en na Hom te luister of te bid nie. Van vreugde te sing, of ons trane teen sy skouer uit te snik nie?

Geliefde vriende, gebruik julle Bybels en maak gebruik van elke moment wat tussen daaglikse dinge moontlik is, om Christus se hande aan te raak. En meer nog, deel dit uit! En geniet dit. Bid na ons Vader wat in die Hemel is en luister na sy stem.

Dankie dat ek na U kan luister wanneer ek tuin maak. Dankie VaderHeer, dat dit U is wat ons vashou. Dankie vir al die vergunning wat U aan ons gee. Dankie dat U ons rekenings vereffen het. Amen amen Here.


Foto: Internet
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is op soek na klippe
« Reply #1 on: March 25, 2018, 11:38:59 PM »
Dankie vir die attend maak weer mater  :notworthy: :notworthy: :love7: