Author Topic: Die reisende sonneblom  (Read 1178 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Die reisende sonneblom
« on: March 20, 2018, 10:09:10 PM »
Die reisende sonneblom

ñ Nuwe spruit bars deur die grond.Wat sal van die plantjie word?Elke dag groei dit grooter en sterker.Tussen die dorheid en growwe omgewing kan dit net iets soos ñ vetplant wees.Twee akkedisse wonder elke dag watter plant dit kan wees.
As saadjie het dit van ñ voertuig afgewaai en hier het dit beland.Arme ding!Die een akkedis het selfs daaraan gaan proe,maar dit onsmaaklik gevind.
Op ñ dag verskyn n ronde kop en n vriendelike gesiggie bak in die son.Sy gesels te lekker met die akkedisse.Dis ñ sy!Sonneblom wil nie hier bly nie.Sy't heeltyd gesmag na iets meer.
ñ Voëltjie vlieg nader.Hulle kan sien hy is sat.Hy staan in sonneblom se skaduwee en sy skiet n saadjie vir hom om te eet.Hys baie dankbaar en bedank haar uit sy hart.
Vriendelik vra sy vir hom waarheen hy oppad is en hy vertel vir haar van die mooiste woud.Dis vol eksotiese blomme, pragtige voëls en diertjies wat vrolik speel.Sy tower die mooiste beelde in haar verbeelding op.Die akkedisse weet sommer hier kom ñ ding.
Sy vertel vir die voëltjie van haar verlange en hy nooi haar om saam met hom te gaan.So graag soos sy wil,kan sy nie.Indien sy die grond verlaat,sal sy verlep en doodgaan.Voëltjie belowe om n plan te maak en vertrek.
Sonneblom dink nie dat sy ooit weer die voëltjie sal sien nie.Hy gaan van haar vergeet.Wie sal nou dink aan n sonneblom wat groei in n vaal en dor plek!
Die akkedisse is nie so seker nie.Hulle kry die gevoel dat hul binnekort gaan moet afskeid neem.
Die volgende dag lyk soos enige ander dag en die drie staan in die son en bak.Bly-verras hou sonneblom die voëltjie dop wat met iets wits aangevlieg kom en iets grasserigs tussen sy bekkie vasgeklem.Hy sit die lang grassie op die grond neer en vra haar om haar wortels uit die grond te lig.Die akkedisse help haar regop bly.Voëltjie vou die klam papier versitig om haar worteltjies.Die papier is uiters sag en breekbaar.Dit word vasgebind met die lang dun grassie.Daar is n oor en weer gegroet en voëltjie lig sonneblom saggies op.Hulle vlieg ver en sonneblom verlustig haar aan die lappies verskillende kleure waaroor hul vlieg. Net soos n lappies kombers.In die verte sien sy n magdom van bome en weet hulle is naby.Voëltjie het aan alles gedink en selfs n gaaitjie om haar in te plaas wag vir haar.Hy laat haar stadig in die gaaitjie sak en n pelikaan maak die gaaitjie vol water.ñ Meerkat grou die sandjies in die gaaitjie wat knus om haar worteltjies vou.Uiteindelik het sy n holtetjie gevind in die prag sonkolletjie asof spesiaal vir haar daar geskyn!
Bome omring haar,blomme is haar nuwe geselskap tapyt.Geluide van diere,voëltjies se vrolike sang en sussende wind.Dit alles bekoor haar.Sy is nie meer soekend en verlangend.
Tevrede maak sy haar ogies toe.Sy is tuis.

Die einde

Anicia McDermott  19-03-2018