Author Topic: Gee my een dag in jou skoene . . .  (Read 2984 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Gee my een dag in jou skoene . . .
« on: February 25, 2018, 01:58:29 PM »
Jy wil een dag in my skoene loop, . . . dan sal jy my verstaan.  ?  :evil6:


Liefie, ek het 'n man wat al 50 jaar met my getroud is en hy verstaan my nog nie.  Oooo, ek moet my skoene vir hom leen vir 'n dag . . .   :read2:


Dalk moet die onderwerp wees:  Snert wat mense kwytraak!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gee my een dag in jou skoene . . .
« Reply #1 on: February 25, 2018, 11:03:05 PM »
PM, ons het al baie gesels oor hierdie ynste onderwerp.  As so iets moontlik was, hoop ek dat my aardsvyande dalkies 'n mosterdsaadmaat simpatie sou betoon. Raak ongenaakbaar uitgesproke wanneer skeet en kwaal my kniege knak. Dit is asof die nietighede/snert waaroor mense kibbel my dan grensloos irriteer en swyg verdwyn toetentaal en al uit my woordeskat  :icon_bigsmurf:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gee my een dag in jou skoene . . .
« Reply #2 on: February 26, 2018, 03:05:26 AM »
Aag wat. Dit sal maklik wees vir hulle. Ek dra net sandale... self's werk toe. Maar hulle gaan steeds nie ervaar hoekom ek net sandale kan dra nie. Ek loop eerder kaalvoet oor die drakensberge voor ek ander se skoene probeer dra.

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gee my een dag in jou skoene . . .
« Reply #3 on: February 26, 2018, 11:14:49 AM »
Ek sal dit vir altyd onthou Naas: Ek loop eerder kaalvoet oor die drakensberge voor ek ander se skoene probeer dra. Die lewe is hard en wreed. Punt. As ek kyk na my sus se lyding en ander familielede op die oomblik, is genade 'n terme wat ek flippen toententaal en al nie meer verstaan nie. Hulle wat net goed doen in die lewe, word die swaarste getref. My ou Meisiekindjie hou Job se voorbeeld as anker deur haar persoonlike hel en terug. En ek.... oe lieven loven - dobber sondig sonder anker of mas rond in die stormsee van onbeantwoorde vrae.
« Last Edit: February 26, 2018, 11:37:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Gee my een dag in jou skoene . . .
« Reply #4 on: February 26, 2018, 12:03:15 PM »
....en Liefie se vriendin verstaan ook nie ....  :love7: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gee my een dag in jou skoene . . .
« Reply #5 on: February 27, 2018, 09:55:26 AM »
Ek seg mos:  om te weet is om te verstaan! Mens "WEET" net uit ervaring.
 
Oordeel is heeltemal iets anders.  Dalk is dit die mens se inherende stryd om oorlewing wat . . . wat? Nee wat, daar is nie medisyne daarvoor nie, of 'n verskoning nie.  Miskien moet die Heilige Gees 'n besoek daar gaan afleg.

Om te weet is om te verstaan.