Die kuierstoep > Bekgeveg

Ek is 'n skaapkop

(1/3) > >>

PM:
Ek is mal oor skaapkop en nou vertel die wat dink hulle weet alles, dat ek 'n skaapkop is.  Hulle vertel dat jy is wat jy eet.  Is jy 'n koolkop, of 'n haas, omdat jy mal is oor wortels?  Ag toe, vertel my nog!   :bootyshake:

Meraai vannie Baai:
 :toothy4: Ek is dan 'n koeksister - soetigheid is beslis nie my gunsteling nie maar 'n stroopsoet koeksister kan ek nie weerstaan nie. Genadiglik kan ons dit net by die Afrikaanse winkels in die stad kry!

PM:
Jy kan bly wees!  (lag)

Ek is ook 'n riller, want ek hou daarvan om rillers te lees.  So seg hulle ook dat jy is wat jy lees!  Rerig?

Naas:
O my genade!!! My vriendin is 'n grillerige rooiwyngemarineerde skaapkop!!!  :pottytrain2:
Ek kan nie eintlik hier antwoord nie want gebiltongde wetenskapfiksie is te droog om te praat. As ek is wat ek drink is ek nog 'n koffiemoerige gebiltongde wetenskapfiksie.
Maar gelukkig is dit in elk geval net fiksie. My oupa het altyd gese dat jy niks moet glo wat "hulle" se nie.



 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek is maar dom Naas en verstaan nie hierdie ingewikkelde praatjies wat "hulle" praat nie. 
Hoeveel snertpraatjies ken julle nog?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version