Author Topic: misplaaste wanvoorstellings  (Read 3160 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
misplaaste wanvoorstellings
« on: February 13, 2018, 01:59:03 PM »
Ek plaas hier my antwoord op 'n deelnemer wat volg op sy gesels en versoeke vir inligting. Ek wil nie hê dit moet 'delete' word nie.

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4185.0

Dankie Gerhardus Ebersöhn, Ek het na jou boek geloer en gaan dit deurlees sodra ek 'n paar dae af is ook, want voldagwerk en dan tyd afstaan vir lees, is moeilik. Ek erken ek word net te moeg. Elke aand lees ek al 'n stukkie, maar sien uit daarna om alles deur te werk.

Tussen internet se fb en google, link die soekenjins soms self name en plasings, en so het ek 'n fb profiel oopgemaak wat dalk joune kan wees nl Christiaan Gerhardus Ebersöhn

Ek hoop van harte dis nie jou eie nie, maar iemand wat dalk jou naam gebruik en ook deur hierdie Afrikaanse Forum stap. Ek wil net sê, ons het nog nooit weggesteek dat ons uit die Woes-era kom nie. Woes het daardie tyd sy forum verander en honderde van ons plasings en versamelings van interessanthede soos woorde en gesegdes weggegooi, daarom het Petra ons eie webwerf begin. MAAR ONS WAS NIE WOES NIE, STAM OOK NIE UIT WOES UIT NIE. Daar is ook ander internetwebblaaie begin deur ander wat ook nie meer deel van Woes wou wees nie.

Ons laat ook nie meer Godsdiensbesprekings toe nie omdat daar altyd iemand op Woesforum was wat ons geloof in Christus en die bestaan van die Drie-enige God bevraagteken het. Mense wat ons uitgelok en aangeval het met woorde wat altyd tot onmin gelei het. Op fb en ander internetblaaie is genoeg plek daarvoor. Op die Afrikaanse Forum wil ons skryf en dig en is ons nie lus vir teologiese gevegte nie. Nie een van ons is 'n opgeleide teoloog nie.
 

Ek noem dit ter verduideliking omdat hierdie plasings deur ene Christiaan Gerhardus Ebersöhn op fb onverklaarbaar is, gesien in die lig van jou versoeke hierso en ook jou antwoord op een van my gedigte.

die volgende het ek op fb gaan haal:

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Yesterday at 04:46 ·
Ek dink dis belangrik genoeg om hier te vertel...

Christine, die wêreld loop oor van bedrog en bedrieërs. Daai sogenaamde Afrikaanseforum! Dis die ou Woes wedergebore in groter sonde. Ja, sommer met die intrapslag toe vind ek hulle uit. Hulle is 'n paar ou Jou-wa-is-vodde-man! tannies wat mekaar met vleitaal oor die Drakensberge probeer aanpor! Die tannie Meraai van die Baai met haar kie-tjie-woordjies om oor te kots en die simbaal-besimpelde Adele engel met haar w-etniese suiwering Woord-moord-gedagtes. Neegwat, maar net nog een van daaaai's.

Wees verseker afgeraai!



en ook

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
10 February at 06:51 ·

afrikaanseforum
sê nié ek gaan nie swaarkry nie,
maar gee my elke uur hulp daarby.
adéle theron

Dis 'n growwe wanvoorstelling van iemand op jou blad om te sê ek sê die Afrikaanse Forum gaan my nie laat swaarkry nie, maar elke uur hulp gee. Dit kom uit 'n skrywe van my en gaan oor die Evangelie en Christus wat my elke dag dra. Ek gaan nie moeite doen om dit op te soek nie. U het dit gelees en kan die volledige skrywe hier kom plaas om die fout uit te wys, asseblief.

en ook hierdie


Christiaan Gerhardus Ebersöhn
7 February at 10:29 ·
Party plekke is toe ook maar useless... hoe jonger hoe temeriger ou spul...


Christine Andrews
Christine Andrews Watter plek is dit nou? Ek het so pas geregistreer op die Afrikaanse forum... Dalk kan ons saam lewe daarin blaas 😁


Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Christiaan Gerhardus Ebersöhn Watter plek? Al te goed onthou ek nog: in waarheid bekrompe en gevrek is vloek-verlig al wat die plek, ja, twee, ooit reggekry het om te wees. Loop bars op die plek seblief, maar skeer my nie onder jul heilige kam nie: Bybel is nie godsdiens nie!

Christine Andrews
Christine Andrews  🤔 Ek verstaan nie...

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Christiaan Gerhardus Ebersöhn Jammer Christine, by die herinnering ontbreek die oortreding nie. Die boggers het klaarblyklik nie ene die Groot Verseboek nie en of het al ooit daarvan gehoor nie. En nie ene skyn ooit die gedig 'Aand' van een van die dertigers as ek reg onthou, te gelees het nie. Niks jou skuld nie. Lamlendigheid gee my net die ritteltits. Dis maar al. Lief vir jou, hoor!

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Christiaan Gerhardus Ebersöhn al was die naam eers woes


Ek is jammer ons nie die gedig "Iets soos Aand ..." kan opspoor nie. Dis net opmerklik dat u versoek ook op u fb-blad nie hulp opgelewer het nie. Kontak asseblief Litnet, die akademici en professionele skrywers  en leiers in ons mooi taal Afrikaans is almal daar betrokke, dalk is daar iemand om u soektog te antwoord.

Ek het nou al die plasings met leuens en wanvoorstellings en growwe beledigings teenoor ons, gaan screenprint en ook my reaksie op elkeen daarvan. Ek sit nog verstom en oorbluf oor hierdie fb blad se plasings en aanvalle en weet nie regtig wat om daarvan te dink nie.

Was hierdie Ebersohn ook op Woes? Het hy daar ook so tekere gegaan om aandag te kry? Snaaks hy nêrens 'n profielfoto van homself opgelaai het nie. Wie is hy?
« Last Edit: February 13, 2018, 05:47:57 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #1 on: February 13, 2018, 10:42:39 PM »
Adele, so dankbaar dat jy hierdie raakgelees het en met ons kom deel het. Dankie dat jy opgestaan het vir ons almal  :love7: :notworthy: :icon_salut:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #2 on: February 14, 2018, 06:57:53 AM »
Ek het ook maar myself gaan voorstel dat hy darem kan sien hoe die tannie Meraai van die Baai lyk  :icon_bigsmurf: :headbang: toe nooi ek hom/haar(?) voorbarig om selfde te doen en ou sneppie te plaas. Weet jy ek besef dat nie almal met die bybel onder die arm wat prys die Here se, 'n mooi voorbeeld vir ons onheilige klompie skape is nie.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #3 on: February 14, 2018, 11:25:48 AM »
Jaaa, dié saad word maar oral gesaai, lyk dit vir my. Die saad van misleiding en bedrog, want wat is dit anders as iemand jou met mooi woordjies nader en jou naam dan agter jou rug in die beeskraal gaan invryf.
Ek kan nie help om heeltyd iets op my skouer te voel nie, iets wat my vertel ons het al met dié persoon te doen gehad, daar in Woes se gange .... maar synde dit so is of nie, die arme ding het 'n hengse probleem in sy/haar binneste persoonlikheid. Hoe anders kan mens dan sò reageer, oornag omswaai en 'n handvol leuens en misleiding die wêreld instuur?
"mind you" ek het al met so iemand te doen gehad .... iemand wat of siek is, of slegs behae daaruit put om 'n ander sy werk en naam deur die kraalmis te sleep sonder inagnemimg van hoe dit sy/haar eie karakter se krake ontbloot.
Dis anders as om net 'n vals profiel voor te hou maar nie juis iemand skade aan te doen nie, soos wat ons ook al gehad het en nie opgewonde oor geraak het nie. Maar hierdie iemand se vals aantygings soek vir strooi.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #4 on: February 14, 2018, 12:07:09 PM »
Jy slaan die spyker op die kop liefste Adele. Ek het dieselfde gevoel. Veral omdat jy en ek uitgesonder was. Genadiglik weet ons om bedag te wees op hom/haar/hulle.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #5 on: February 14, 2018, 01:05:50 PM »
spesiaal vir my kosbare vriende hierso  :love7:
as die lied nie oopmaak nie, vergewe tog. 
« Last Edit: February 14, 2018, 01:13:11 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #6 on: February 14, 2018, 01:35:04 PM »
Sommige mense moet liewer op hul eie mishope bly. Ongelukkig is dit nie altyd moontlik om te sien wie jy toelaat om deel te neem op die forum nie.
Mens is egter by magte om jou eie vriende te kies en dit wil vir my voorkom asof ek nie die karakter in my vriendekring wil he nie
Ek stel voor dat hy/sy/dit as lid van die forum verwyder word en geblok word om nie weer toelating te kry nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #7 on: February 14, 2018, 01:57:52 PM »
Ja, die mishoop was op Woes en het baie moeilikheid daar veroorsaak.  As julle kan onthou, hy het altyd in hoofletters terug baklei as iemand wou liefde maak.  Dit het my 'n rukkie geneem om te onthou, maar nou onthou ek goed.
Sulke mense wat hulself christene noem en siele beroof vir die duiwel.  Ek loop nou nie met die Bybel onder die arm nie, maar die wat nie die liefde het nie, is 'n klinkende metaal en 'n luidende simbaal. 
Hier op die Afrikaanseforum is die klomp oumense wat dweep met die liefde en omgee, nie lus vir 'n lawaai nie.  Baai baai jou liefdelose asshole!  Gaan beskuie 'n ander ou se stoep. 

Ek wou nog seg, ons gaan beslis hemel toe, want ons wil nie met jou om dieselfde vuur sit nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #8 on: February 14, 2018, 02:00:29 PM »
As PM so besluit moet Willa so maak, Naas. Ek verstaan net nie waar die ou sy/haar kop verloor het nie. Ek het selfs daardie skrywe van hom gekry. Hy het dit vir my ge-e-pos en dit lyk reg. Sal nog eers deur moet lees om te sien of dit Bybels is.
Dis so toevallig dat ek op daai fb profiel van die een afgekom het en so entjie deurgestap het ... tot ek daai afgrond van verbasing afgeval het. Julle moet gaan kyk ....
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #9 on: February 14, 2018, 02:02:23 PM »
beslis, lief Petra. Ek onthou dit goed en weet ook nou hoekom ek met sy eerste plasings sulke snaakse kriewelings gekry het, maar ek het dit geignoreer ....
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: misplaaste wanvoorstellings
« Reply #10 on: February 14, 2018, 02:38:53 PM »
Ag nee wat, ek is nie lus vir sy gemors nie. Toe ek die naam sien het ek vir Hannes gevra of die naam nie by hom 'n klokkie lui nie.  Dit was eers toe hy met sy godsdiens-storietjies kom dat my gedagtes met 'n ruk weer onthou het.  Ek is seker daarvan dat sy wrewel ontstaan het as gevolg van die feit dat ek nie sy geskrifte op die forum wou plaas nie. 
Weet jy net dat ek baie lief is vir jou en jou mooi bydraes is goud werd vir die forum. 
Om te weet is om te verstaan.