Author Topic: Liewe pa  (Read 2897 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Liewe pa
« on: February 13, 2018, 12:57:26 PM »
Ek hoop dit gaan nog goed met Pa en ma daar in Sodom en Cremora. Ek sien op die TV dat julle nog donderstorms daar kry.
Hier by ons is dit so droog dat die vissermanne bokkoms in die bergrivier optel. Ons het ook gisteraand 'n donderstorm en 53mm reen gehad in Bellville. Daar was een blits en die drie druppels het 53mm uit mekaar geval.
Bedags is dit so warm, my buurman se hoendertjies le gekookte eiers.
Die druiweboere se hulle gaan geen soetwyn die jaar produseer nie, net droe wyn. Gister op pad huis toe sie ek die een boer het vir sy skape donkerbrille opgesit. nou vreet hulle lustig aan die groen gras. Die sprinkane staan op hul kniee en vreet omdat die koringstoppels maar kort op die grond is.
Kry vanoggend 'n vyfjarige padda voor my agterdeur. hy kan nie swem nie agv die droogte nou neem hy swemlesse deur 'n korrespondensiekursus.
Johan wat daar by Philidelfia boer het twee van sy windpompe afgebreek want daar is net genoeg wind vir een pomp.
Die een boer het sy beeste deur die dorp gejaag en groot probleme met die verkeersdepartement opgetel. Die beeste het aan die robots begin vreet toe dit groen slaan.
Die enigste voordeel van die droogte is dat die jong mammas vir hulle babas poeiermelk voer. Nou hoef hulle nie die doeke te was nie... hulle stof net die babas af.
Bid asseblief vir reen.
Groete
Jou verlangende seun.

NS: Verskoon die speld wat die posseel vashou maar ek wou nie vogtigheid mors deur die seel te lek nie.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: February 13, 2018, 12:59:15 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Liewe pa
« Reply #1 on: February 13, 2018, 10:47:22 PM »
Jy maak hierdie tannie se dag    :toothy4: :book1: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Liewe pa
« Reply #2 on: February 18, 2018, 08:20:54 AM »
Dankie Naas, ek het dit baie geniet.  Ek weet net nie wat het van my vorige plasing geword nie, die skape het dit dalk ook opgevreet.  :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Liewe pa
« Reply #3 on: August 11, 2018, 08:19:38 AM »
Gelukkig is diedroogte darem nou so bietjie gebreek.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Liewe pa
« Reply #4 on: August 11, 2018, 08:30:00 AM »
"Gelukkig is diedroogte darem nou so bietjie gebreek."

Dankie Vader!  :icon_cheers:

Ek het so jammer gevoel vir die arme padda.
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Liewe pa
« Reply #5 on: August 11, 2018, 08:32:04 AM »
Oe aardetjie, julle praat van droogte. Ek bekyk my plastiek geskenk-plante van ons Amerikaanse kids vandag so en ek twyfel of hulle hierdie jaar se droogte gaan oorleef. Lyk elke dag meer en meer verlep. Mind you, dalk tyd dat ek die stof met 'n klam lappie probeer afkry - sal dalk net help :icon_biggrin:  :dontknow:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Liewe pa
« Reply #6 on: August 11, 2018, 08:39:00 AM »
Ons voer ons plastiekplante uit as strooitjies.



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Liewe pa
« Reply #7 on: August 11, 2018, 08:41:23 AM »
Slim. Slim.  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Liewe pa
« Reply #8 on: August 13, 2018, 01:15:04 PM »
Ek het ook van daai present gekry en was dit met seepwater in die wasbak.  Spoel af en siedaar, "splinternuut". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Liewe pa
« Reply #9 on: August 13, 2018, 11:39:45 PM »
Hulle kort net water (en seep) - droogte (en stof) maak hulle dof ne  :toothy4:


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Liewe pa
« Reply #10 on: August 14, 2018, 01:33:25 AM »
'n Oulap se plastiek maak die aarde siek.
Hier by ons sien sommige winkels nou eindelik die lig en beweeg terug na papier strooitjies en sakke.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Liewe pa
« Reply #11 on: August 14, 2018, 02:18:56 AM »
Ons moet nou sakke winkels toe neem wat hergebruikbaar is. Dit nogals 'n storie want ek vergeet aanmekaar om die sakke te laai. Maar dit is hoogtyd dat ons besef hoe mens die aarde en oseane besoedel met plastiek. Moet se die sakke wat net naastenby lyk of hy iets anders mee gemaak kan word as net voorraad huistoe bring, beland maklik in my craft-kas!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Liewe pa
« Reply #12 on: August 14, 2018, 02:45:03 AM »
Ek hergebruik ook sover moontlik maar plastiek se einde bly maar die rommelhoop...  :dontknow:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.