Voorstelle en klagtes > Voorstelle

Ek soek na....

(1/5) > >>

Gerhardus Ebersöhn:
Kan Afrikaanseforum 'n kategorie skep waar mense na dinge soos vergete gedigte, digters, skrywers, boektitels, wat ookal, navraag doen?

Soos ek wat omtrent niks kan onthou van die gedig wat ons in die vyftigerjare van die vorige eeu gehad het om 'te leer' nie; die naam dink ek was 'Aand' en die digter CM van den Heever? Asseblieftoggie, help uit! Ek dink die gedig was in 'Groot Verseboek', as dit mag help.

Meraai vannie Baai:
 :`ip2: Soek-hoekie (nou gaan ek heeldag neurie aan 'ek soek na my Dina, my Dina...'  :icon_biggrin: *Nou wonder ek self, wie het nou weer die liedjie geskryf? Gerhardus, ek glo ons forummoedertjie sal jou binnekort antwoord.

* C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ [Tradisioneel]

Gerhardus Ebersöhn:
Baie dankie vir die vinnige antwoord!

Nou wil ek ook nog weet: Ek wil graag die 'boek', 'Die Hart van die Evangelie', wat alles wat ek ooit geskryf het in 380KB op 217 bladsye opsom, saamvat, bevat en weergee, vir Afrikaanseforum gee om op die forum te laat verskyn sodat dit deur almal, gratis, gelees en oorgelaai en gebruik kan word.

Daarvoor wil ek die Word-lêer na PM e-pos om daaroor te besluit.

Ek stel aan u die kenmerke van hierdie werk:
Dit is uniek en die eerste in meer as een opsig.
Alhoewel net so bietjie meer as die laaste drie hoofstukke van die vier Evangelies,
behels die boek kwantitatief sowel as kwalitatief, 'Die Hart van die Evangelie'.
Dis die enigste een-man vertaling van die Evangelies in Afrikaans tot op hede.
Dis die enigste en eerste drie-talig interlynige samestelling in enige taal met die Grieks en Engels (KJV vir kontrole).
Tegnologies- (rekenaar-)gewys, blitsig, volledig en foutloos effektief.
Maklik, doeltreffend en vrugbaar ewe bruikbaar vir ongeleerd en geleerd.
Kan op enige tuis-drukker gedruk word.




   

PM:
Ons het 'n afdeling  "Die inligtingskantoor".  Daar kan jy vra vir hulp Gerhard.


Ek wonder of jy "Dropbox" ken.  Dit is 'n program waar jy groot hoeveelhede inligting kan "drop" en mense nooi om dit te lees. 


Ons het op Woes nare ervarings gehad met Godsdiens.  Daar is mense wat geen respek het vir 'n ander se siening nie en dit dan sleg aanval.  As jy dropbox of 'n ander soortgelyke legger wil gebruik kan jy dit so deel met mense wat belangstel.

adele:
Hallo Gerhardus
Gaan jy omgee om jou boek aan my te e-pos? Ek sal dit graag wil lees   :icon_study: 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version