Author Topic: Liefde anderkant die spruit  (Read 1964 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Liefde anderkant die spruit
« on: February 04, 2018, 10:09:28 PM »
Ek kyk oor die spruit
die diepte is nie baie nie
deur die helder water
blink die bodem
weerkaats die son
se boodskap na my
ek lees jou gedagtes
tussen die klippe
voel die roep vanuit
jou hart se binnekant

wanneer natuur
se skoonheid uitbars
in blommevreugde
en voëlgesang
hoor ek jou asem
teen my hare
gee jou hande se warmte
lewe in my vingers
raak ons woorde sag
voer jou liefde my stilweg mee


©adéle theron
« Last Edit: February 05, 2018, 08:08:16 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Liefde anderkant die spruit
« Reply #1 on: February 05, 2018, 09:26:51 AM »
Daar is werklik niks soos ware liefde. Dit is my beskore om hierdie liefde in sy volmaaktheid, daagliks vir die afgelope 38 jaar te ervaar. Dankie vir die deel van hierdie pragbydrae van jou lief Adele.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Liefde anderkant die spruit
« Reply #2 on: February 06, 2018, 10:40:26 AM »
Hoe wonderlik vriendin.  Pragtig en gevoelvol geskryf.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Liefde anderkant die spruit
« Reply #3 on: February 06, 2018, 11:19:07 AM »
 :hello:   :hello:
adéle  :grommit: