Die kuierstoep > Bekgeveg

Vrot diens of geen diens?

(1/1)

PM:
Ons wil geld oorsee stuur.  Ons was nou al by drie FNB takke en nie een kan of wil ons help nie.
Ons wil net weet hoeveel gaan die transaksie kos.  As die bedrag meer as R25 000 is weet niemand nie.
Hannes is nou Centurion toe, dalk kom hy nou reg.

Dit is werklik 'n pyn in die nek en op 'n paar ander plekke ook, om diens in hierdie land te kry.

Meraai vannie Baai:
Simpatie mater. Ons het moed opgegee om enige iets Suid Afrika toe te stuur. Dit kom net nie by die bestemming uit nie  :crybaby2: ek het nie geweet dat die banke se diens nou net so swak is as die poskantoor nie. Om van hieraf geld oor te plaas na SA, kos ook al 'n arm en 'n been.

PM:
As ons 'n pakkie wil stuur maak ons maar gebruik van 'n koerier, anders moet jy maar jou pakkie 'n soentjie en 'n drukkie gee, 'n laaste kus, laaste sien van die blikkantien.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version