Author Topic: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.  (Read 5282 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« on: January 28, 2018, 11:33:11 AM »
Besluit ek om my kreatiewe bydrae vir Outop se nuwe wieletjieshuis te maak. Baie beindruk met die moderne badkamer met sy wasbakkie so ewe bo op die (let wel nagemaakte lol) marmerblad, bekruip die gier my om iets te skep wat so paar van my goedkoopliefdes, lees 'rags' in die lewe ook te verewig aan die binnekant.  Die hoekie regoor die wittroon moes opgedollie word  :notworthy:

'n Uitgerafelde gehekelde bloesie, wyndoos oppad asblik toe, oorskiet plastiek-gedoentes wat ek in die pandok se kombuiskasrakke gebruik het, 'n paar blings, satynblommertjies en strik (hoe dan anders... ek moet immers tuis voel in die huis op wiele onthou) en laaste maar die belangrikste was my geskenk, juwele-skatte van geliefde ou sustertjie in Suid Afrika wat deel gevorm het van die kreatiewe geboorte proses wat verewig is met jongste se verjaardaggeskenk uit die VSA (fabric hardener en mod podge).

Loer oor my skouer, dan sal jy die opskrif van die plasing verstaan. Van dit....



Na dit.... (ek is so moeg om op my kniege te kruip op die wieletjieshuis se vloer en soek na 'n verlore oorbel of ring wanneer ons kamp, so my kreatiewe bydrae was dus 'n ietwat doserige juwele houertjie en die vaas wat nog gemaak moet word met die agterkant van my gehekelde toppie en oorskiet blings  :icon_biggrin:)



Die skeppingsproses van rags to riches het Outop as hy sy glasie kom opvul uit verveeldheid, soms hier en daar verewig met sy lens...

 






 
« Last Edit: January 28, 2018, 11:39:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #1 on: February 01, 2018, 06:53:24 AM »
Baie oorspronklik en so kreatief. 
Ek is besig om orals op te vang wat ek verloor het.  Dalk is die forum die enigste plek waar jy iets kan herwin wat verlore geraak het.  Wens net my gatseggies wil weer opduik!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #2 on: May 08, 2018, 03:09:00 AM »
Met die toevoeging van 'n spesiale ' kreatiewe wag' op die rand van my skatkis was ons oudste glad nie beindruk nie.  Ek probeer nog verduidelik hoe gedaan my vingers was met die draad-skeppings en inryg van perels ens. toe loop hy al weg nog voor ek hom die ander gedoentes kon wys op 'n dag wat sy moederlief vol draadwerk was...
:icon_biggrin: :dontknow: :toothy4:







Dalk moes ek hom maar net my stokvis gewys het lol...


« Last Edit: May 08, 2018, 03:27:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #3 on: May 13, 2018, 09:35:48 PM »
sjoeeee, jou vingers was seker deurgewerk
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #4 on: May 13, 2018, 11:00:08 PM »
Sal jok as ek dit ontken Adele maar die vreugde wat dit my verskaf oortref die seer vingers. As jy gom en papier het, is jou kop deur. Ek het so lekker gespeel.



Toe ek eers begin doop en plak was daar nie einde nie  :angel4:



« Last Edit: May 28, 2018, 11:38:32 PM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #5 on: May 14, 2018, 07:16:21 PM »
Jy doen darem fyn-detail-werk daarmee, dis sekerlikook hoekom dit aandag trek. Jou boksies is soooo mooi.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #6 on: May 14, 2018, 10:44:21 PM »
Weereens dankie vir inloer en morele ondersteuning mater  :love7: ek geniet myself.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #7 on: June 20, 2018, 07:00:20 AM »
Dankie vir die deel.  Dit is werklik pragtig en ek sou nie omgee om dit self te kan doen nie.  My kop is te plat!  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #8 on: June 29, 2018, 10:43:59 AM »
As jy eers gesien het hoe maklik en eenvoudig dit eintlik is PM, is daar nie keer aan wat jy sommer in 'n japtrap kan skep uit omtrent niks nie  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Van 'rags to riches' - aka wyndoos tot juwelehouer.
« Reply #9 on: July 24, 2018, 03:10:23 PM »
Ons het hier op Leeupoort 'n groepie dames wat kunsgoedjies maak so een maal per maand.  Ek sal vir hulle die skakels stuur waar hulle kan gaan loer. Jou kunswerk is uitstekend.   
Om te weet is om te verstaan.