Author Topic: Verrassings kan sowaar werk!  (Read 1974 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Verrassings kan sowaar werk!
« on: January 19, 2018, 02:40:42 PM »
As jou dogter besluit dat jy darem een keer in jou lewe 'n verrassingsverjaarsdagpartyjie moet kry, dan kontak sy familie kruis en dwars oor die land en dié wat kon, het als geskuif om Vrystaat toe te kom .... ek het werklik nie geweet wat aangaan nie ....

Ek is net aangesê om my bietjie op te kikker en iets anders aan te trek "as jy wil" ... ek was reg vir 'n braai op die plaas, onthou. Dan kleur ek nie my gesiggie in nie en slons soontoe in 'n ou denim en ligte toppie want ek maak onder andere plaashekke oop en tap watertrôe vol.

Maar nee, Chris koers toe 'n ander rigting in, terug dam se kant toe, en ek besluit om stil te bly. Het mos gesien vra help nie. Sy oge skitter en sy glimlag wys sy inherente, diepste lekkerstekry soos nie in jare nie. By Bundu aangekom, kom haal Elmien my en lei my om die slaaplokale waar hulle my inwag!

Oom, tannies, neefs niggies en my oudste broer en skoonsus, maar die tjerrie oppi koek is my kleinboet (hoewel amper kop-en-skouers langer as ek) spesiaal al die pad van 'n ysigkoudste-koue Noorweë af om die hittegolf hier te kom trotseer, vir my! En my kinders, al vyf van hulle en twee kleinmensies wat reeds al 'n week lank hier ge-vakansie het.

Kuier het 'n nuwe betekenis gekry. 'n Braaikuier op die walle van die rivier waar drie stofstorms oorgewaai en ons binne-in die kamers ingejaag het, maar ons toe met 'n koel aand omhels het. ('n Vrystaatstofstorm dwing sand tot tussen jou tande in) Sondag se kuier van ontbyt tot la-a-atmiddag was onvergeetlik. Chris moes maar net inval en deel word van my familie. En ek voel nie 'n dag ouer as verlede jaar nie   :toothy4: 
« Last Edit: January 19, 2018, 02:46:19 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verrassings kan sowaar werk!
« Reply #1 on: January 19, 2018, 06:28:13 PM »
Ag werklik!  Rerig Erig! ( met e soos in sker)  Dit doen my hart baie goed om te weet dat jy so gelukkig is my sustertjie. 
Ek kom weer hier kuier, maar nou wag "die baas" vir my om te ry.  Kom weer more vroeg saam kuier.
Lief julle stinkend!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verrassings kan sowaar werk!
« Reply #2 on: January 19, 2018, 08:25:08 PM »
Jy vedien elke bietjie van die lief de en bederf. Baie geluk met verjaarsdag.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verrassings kan sowaar werk!
« Reply #3 on: January 19, 2018, 10:03:50 PM »
BAIE BAIE geluk en ek het so lekker tussen die lyne saam gevier aan jou verassingsverjaardagparty  :love7: :notworthy: :hello2:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Verrassings kan sowaar werk!
« Reply #4 on: January 20, 2018, 02:52:23 PM »
dankie julle   :wave:   :toothy4:   :wave:   :love7: 
adéle  :grommit: