Author Topic: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie  (Read 43046 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #105 on: August 09, 2018, 02:47:42 AM »
Deur al hierdie lyding en onsekerheid het my sus nog nooit haar geloof verloor nie. Ek weet dat sy 'healing' gevind het waar dit vir ewig saak maak.  Vir diegene met enige terminale siekte toestand is jy bewus dat jou liggaam die stryd een of ander tyd gaan verloor maar ons het 'n groot troos solank jou siel en gees gesond is, is jy in oorvloed geseend, want dit is onverganklik deel van jou.

Na ek myself omtrent simpel gehuil en murmereer het (ons het vandag ook 'n PH mater moes groet) het ek die volgende samestelling gemaak met 'n foto van my Meisiekindjie se plaaspad tydens vloede. Dit was vir my so inspirerend - hoewel die paaie onbegaanbaar was na die plaas toe tydens vloede, bring dit heling midde die chaos en ongemak. Die sonlig wat 'deurskyn' op die woorde het ek agterna eers gesien en dit was helend opsigself vir my eie weerbarstige gemoed.



Psalm 147:3 He heals the brokenhearted and binds up their wounds.

« Last Edit: August 09, 2018, 02:58:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #106 on: August 09, 2018, 12:54:35 PM »
Ek snik saam met jou liefste Raaitjie, want ek sien geen nut in die aftakeling van mens se liggaam wat jou siel en menswaardigheid saamsleep nie. En vir soveel jare was chemo die in-ding, dink net toe ek nog kind en jongmens was ... niemand sou droom om die te weier nie. maar vandag? Dankie, maar nee dankie.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #107 on: August 11, 2018, 03:28:21 AM »
Verseker voel ons gesin dieselfde mater. Hierdie is my sus se tweede kennismaking met die groot K in haar borste. 'n Nuwe woord het hom kom tuismaak in ons midde: Metastase.

 :crybaby2:

Metastase is 'n komplekse proses waarin metastastiese-borskankerselle uit die bors versprei het na ander dele van die liggaam. Sodra metastase plaasgevind het, is dit baie moeiliker om borskanker effektief te behandel.

As borskanker op ander gebiede van die liggaam gemetastaseer het, word dit 'n 'Stage IV' borskanker genoem. Soms het metastase reeds plaasgevind toe die oorspronklike borskanker gediagnoseer was. In my sus se geval het sy bewus gewees van die vretende pyne in haar bene nog voordat die knop in haar bors gediagnoseer was as kanker vir die 2de keer.

In ander gevalle word die metastase van borskanker maande of selfs jare na die aanvanklike behandeling gevind. Dit sal 'n 'herhalende' borskanker genoem word.

Algemene sekondêre verspreiding van borskanker is gewoonlik na die volgende:

Been (Mees algemene sekondêre tuiste wat voorkom in ongeveer 70% van metastatiese gevalle van borskanker).
Longe
Omliggende limfknoppe
Brein
Lewer

Hoe versprei borskankerselle in die liggaam?
 
Borskanker selle beweeg deur die liggaam soos enige ander kankerselle. Eerstens kan die kankerselle die naburige gesonde weefsel binnedring. Daarna infiltreer dit die plaaslike limfknoppe of bloedvate.

Wanneer borskanker na die okselvormige limfknoppe (onder die arm) versprei, is dit steeds 'n relatief vroeë stadium van metastase, en potensieel geneesbaar.

Die kankerselle sal tipies deur die limfstelsel of bloedvate na ander afgeleë dele van die liggaam beweeg.

Afgeleë metastase
 
Sodra die borskanker deur die limfknoppe na ander dele van die liggaam versprei, word dit 'n 'afgeleë/verre metastase' genoem, en dit is nie geneesbaar nie. Kankerselle kan vir baie jare onaktief bly op 'n ander deel van jou liggaam wat geen probleme of simptome veroorsaak nie.

As 'n borskanker buite die limfknope gemetastasiseer het, word dit 'n sistemiese siekte genoem. Dit beteken dat die hele liggaam behandel moet word en nie net 'n spesifieke gebied nie. Die enigste manier om die hele liggaam effektief te behandel, is gewoonlik deur chemoterapie en hormonale terapie.

Behandeling is daarop gemik om die vordering van die siekteproses te vertraag en simptome te beheer. Borskankerselle kan versprei na enige deel van die liggaam. As die borskanker versprei het na die been, sal die behandeling voortgaan vir borskanker en die selle sal steeds borskankerselle eerder as beenkankerselle wees.

Dit is belangrik om die twee tipes 'Stadium IV Borskanker' en die verskille tussen die twee soorte te verstaan:

1. De Novo-metastatiese borskanker:
Hierdie term verwys na vroue wat stadium IV is tydens die aanvanklike diagnose van borskanker. M.a.w die kanker het reeds versprei na ander dele van die liggaam. De novo metastatiese borskanker is verantwoordelik vir slegs sowat 6% van die gevalle met diagnose in die VSA.

2. Herhaalde borskanker: Dit kom dikwels voor of versprei na die aanvanklike diagnose en behandeling van borskanker. Hierdie herhaling kan maande, of selfs jare na die eerste diagnose en behandeling gebeur.

Borskanker kan op enige stadium na die aanvanklike diagnose en behandeling terugkeer. Dit is een van die mees angswekkende faktore vir baie vroue na die diagnose en behandeling van borskanker. Baie vroue beskou dit asof hulle lewe met 'n tydbom in hulle liggaam.

Daar is 3 tipes herhaling:

Lokale: Die kanker keer terug na die aanvanklike oorsprong waar dit begin het.
Streeks gebonde: Die kanker het versprei na nabygeleë limfknoppe, weefsels of organe.
Afgeleë: Die kanker het versprei na ander gebiede soos die been, brein, lewer of longe.

Vir meer inligting:
Bron: https://breast-cancer.ca/metsurv-stat/

NS: Verspreide borskanker se verloop is onvoorspelbaar. Daar is pasiente wat selfs die tien jaar oorlewingstydperk bereik en ander het nie.

Die sleutel tot oorlewing lê steeds in vroeë opsporing en voorkoming!


 
« Last Edit: August 12, 2018, 07:46:21 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #108 on: August 12, 2018, 06:40:09 AM »
Ai, dit is so vreeslik dat die ou ondermaanse bestaan van ons met soveel pyn en lyding moet gepaard gaan.  My hart gaan uit na haar en julle.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #109 on: August 13, 2018, 12:30:37 PM »
Baie dankie vir die pragtige verduideliking.  Kennis is goud werd en as jy weet waarna om te kyk is voorkoming voor die hand liggend. 
Ek het ongelooflik baie respek vir mense wat hulle situasie besef en dit met blyoedigheid hanteer.  Sterkte aan almal wat deur so 'n geweldige moeilike tydperk gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #110 on: August 25, 2018, 03:20:09 AM »
My sus waardeer julle omgee so baie matertjie. Dankie van my kant af ook.  Oor twee weke plant hulle penne in ander heup en been in. Die onkoloog gaan dan weer 'n biopsie doen om seker te maak watter soort kanker haar bene van binne af opvreet  :crybaby2:

Sy het vandag 'n skakel op FB gedeel met baie belangrike inligting:
https://www.rooirose.co.za/borskanker-5-dinge-wat-jy-moet-weet/


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #111 on: August 26, 2018, 11:59:56 AM »
Ek het dit gaan lees en sal graag daardie inligting ook hier deel by 'n nuwe onderwerp.  Sien jy kans om dit te begin?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #112 on: August 26, 2018, 12:20:40 PM »
Voel asb welkom en vry om dit te deel by 'n nuwe onderwerp matertjie!Hierdie onderwerp raak ons almal en kennis is mag.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #113 on: October 12, 2018, 12:05:49 AM »
Nuwe inligting rakende my sus: Daar is nog 'n stel plate ingeplant. Waar die skroewe is, het daar absesse gevorm en die infeksie het so vererg dat sy opgeneem was en die wonde onder narkose skoongemaak was. Sy moes ook bloedoortappings kry en is na 'n paar dae weer ontslaan.

Daar is 'n biopsie geneem van die bene en die uitslag is: Geen teken van kanker in die bene nie maar wel osteoperose wat die bene laat verbrokkel - 'n newe effek van die chemo.

Sy is op die oomblik weer in die hospitaal opgeneem want die infeksie het weer toegeslaan en dit moet onder narkose behandel word. Ons juig oor die feit dat dit volgens die biopsie nie verspreide kanker is nie maar kry haar so bitter jammer want die penne en skroewe lei tot meer sny en toewerk, oopmaak en skoonmaak, weer toewerk sniksnik. Wanneer hou dit dan op?

 :icon_scratch: :crybaby2:
« Last Edit: October 16, 2018, 07:33:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #114 on: October 12, 2018, 07:43:15 PM »
ekke is net hier langs jou, sonder woorde .... weet jy sal verstaan ....
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #115 on: October 16, 2018, 12:24:39 AM »
Duisend dankies vir omgee en gebede liefste mater van ons. Ek het gistermiddag gou my sus gebel in Suid Afrika.  Sy kan moontlik vandag huistoe gaan. Moes weer 3 liter bloed ontvang en word behandel met 'n VAC (Vacuum-Assisted Closure of a Wound) pomp wat sy vir die volgende drie weke permanent gekoppel gaan he aan haar wond.

Hierdie wonderlike toestel help met die heling van groot wonde van onder andere diabete. Dit help ook om die rande van die wond saam te trek wat die groei van nuwe weefsel stimuleer.

Die gasse in die lug om ons plaas druk op die oppervlakte van ons liggame. Hierdie toestel verwyder die druk oor die area van die wond. Dit kan op verskeie maniere meehelp om 'n wond te genees. Dit kan mettertyd vloeistof uit die wond trek. Dit kan swelling verminder, en kan help om die wond skoon te maak en bakterieë te verwyder. Die VAC help ook om die rande van die wond saam te trek.

Die toestel het verskeie dele nl. 'n skuim- of gaas wat direk op die wond geplaas word. Kleef-film dek en verseël die wond. 'n Dreineringsbuis onder die kleef-film is verbind aan 'n draagbare vakuumpomp. Die suigaksie kan in siklusse of permanent geskied.

Tydens die terapie moet jy dus die masjien oral met jou saamneem. Die ongerief word by verre oorskrei weens die helende uitwerking wat hierdie pomp verskaf:

Dreineer oortollige vloeistof uit die wond.
Verminder swelling.
Vermindering van bakterieë in die wond.
Hou jou wond klam en warm.
Help om wondrande saam te trek.
Verhoogde bloedvloei na die wond.
Vermindering van rooiheid en swelling (inflammasie).

BRON:
https://www.hopkinsmedicine.org/healthlibrary/test_procedures/other/vacuum-assisted_closure_of_a_wound_135,381
 


« Last Edit: October 16, 2018, 11:16:53 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #116 on: October 16, 2018, 01:38:12 PM »
Skuif op Adele, ek wil net hier langs jou sit.  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #117 on: October 24, 2018, 11:09:37 PM »
Dit gaan nie goed met my brawe ou sustertjie nie. Ons dink in sirkels en duisende onbeantwoorde vrae oor die wrede werklikheid van die kringloop van ons menswees vreet ons op van binne.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #118 on: October 25, 2018, 08:49:06 AM »
Sterkte vir jou en al jou geliefdes Raaitjie.  Ons hou julle in ons gedagtes. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #119 on: October 25, 2018, 03:05:31 PM »
Liefste Raaitjie, as eeeendag die laaste dae kom ... moenie terughou nie, laat gaan ... Ook julle sirkelgedagtes, gee oor aan God. Dis seer, ooo dinges dis baie seer, maar moenie dit erger maak nie....  :love7:  :crybaby2:  :love7:
gee haar die boodskap dat dit goed is, en reg is, as sy God se vrede reeds ervaar, moenie keer nie.

As julle my verkwalik oor hierdie boodskap, skuus dan daarvoor, maar ek weet hoe seer kry iemand as jy sy pyn uitrek  ... maar laat hulle weet jy seerkry en verlanggg, so baie verlang, maar ook gaan oukei wees om agter te bly.
adéle  :grommit: