Author Topic: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie  (Read 43064 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #30 on: January 31, 2018, 09:57:37 AM »
Dit is nou baie goed uiteengesit.  Ons moet net besef dat ons verantwoordelik is vir ons eie gesondheid en onkunde is nie 'n verskoning nie.  Doen navorsing en vertrou op jou eie oordeel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #31 on: January 31, 2018, 10:14:24 AM »
Dankie Ta Raaitjie. Dit se en help baie om jou navorsing te lees.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #32 on: January 31, 2018, 01:29:45 PM »
Ek soek na 'n Afrikaanse woord vir daardie "great" in the great physician .... Soms is daar net nie 'n woord wat iets so omskryf soos in 'n ander taal nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #33 on: January 31, 2018, 02:01:19 PM »
Dalk is die woord "wonderlike"?  Dokter die Grote? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #34 on: February 01, 2018, 01:13:49 AM »
Bly om te sien ek is nie die enigste wat opsoek was na 'n goeie Afrikaanse plaasvervanger vir great nie. Oorspronklik wou ek graag Sir William se woorde in Afrikaans op my foto gebruik maar kon om die dood nie 'n geskikte ene kry nie. Die impak bly verlore gaan  :icon_scratch:

'n Goeie geneesheer behandel die skeet; maar 'n slim geneesheer behandel die mens met 'n skeet.

Al waaraan ek kon dink as moontlike plaasvervanger in ons moedertaal, was om te speel met "die en 'n" en het toe "slim" in die plek van 'great' gebruik. Werk dit of nie  :icon_scratch: :dontknow:
« Last Edit: February 01, 2018, 07:02:02 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #35 on: February 01, 2018, 06:28:41 AM »
Dit kan werk ja.
Ek wonder of "'n simpatieke geneesheer" dalk ook kan werk.
Wat is dit wat 'n mens wil tuisbring?
'n Uitstekende geneesheer?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #36 on: February 01, 2018, 06:38:13 AM »
Ek kry nie die stetoskoop wyer 'oop' op die bed nie, so my skryfspasie baie beperk. Gawie het ook 'n paar voorstelle gebring maar ek sukkel om dit ingepas te kry op die foto. Gaan probeer met 'n ander ene tot ek regkom, dankie vir insette PM!  :notworthy: :bootyshake:
« Last Edit: February 01, 2018, 06:40:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #37 on: February 01, 2018, 06:41:59 AM »
. . . maar, 'n dokter met 'n OOP steteskoop . . .  (lag)

Ek weet jy sal dit regkry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #38 on: February 01, 2018, 09:23:42 AM »
Die regte Afrikaanse woord vir "great" is nie sosiaal aanvaarbaar nie.
Dit is 'n befokte dokter.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #39 on: February 01, 2018, 10:06:38 AM »
Ek stem!  Jy is al weer besig met die F-woorde. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #40 on: February 01, 2018, 11:34:02 AM »
Freeslik jammer...  :angel4:  :color:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #41 on: February 01, 2018, 12:06:08 PM »
Dankie vir julle kostelike inloere. Wat sal ons wees sonder die kruk van humor wonder ek baie? Ek het nodig gehad om weer te giggel. My sussa nou besig om haar derde chemobehandeling te kry; die kommer vreet hoeka na binne soos sielekanker en moet kners op die tande want die uwe neig sterk om self te leun teen 'n F-woord of twee :icon_bigsmurf:

Onwillekeurig dink ek aan Jelleke Wierenga se woorde in haar onderhoud: "...metaforiese kanker - die kanker van die siel of die gees, wat dikwels in liggaamlike kanker manifesteer. Sy noem verder: "Ek is oortuig daarvan dat die emosionele lading van my binnepyn in liggaamlike kanker sou uitgeslaan het as ek dit nie in die skryfdaad uit-gedruk het nie..."

Om te deel is vir my helend. Dankie vir julle omgee. Sterkte aan elkeen wat self betrokke is as pasient of familie/vriend van 'n kankerlyer.

Ten slotte vanaand: Meeste van ons is bewus dat stres as 'n kankerverwekker geidentifiseer is en wil graag in 'n volgende plasing uitwei oor die verband tussen stres en kanker.
« Last Edit: February 02, 2018, 07:42:14 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #42 on: February 02, 2018, 11:53:24 AM »
Ek wag in spanning en vra omverskoning vir my vrivelose gedrag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #43 on: February 03, 2018, 01:14:52 PM »
Daardie 'uitstekende" werk nog sover vir my die beste. Daar is meer woorde, maar nie een bring vir my die deeltjie van simpatieke/omgee saam met die slimwees van so 'n dokter in nie.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #44 on: February 05, 2018, 05:11:07 AM »
Ek stem saam met jou Adele. Soms gaan die 'oemf' van 'n stelling verlore wanneer ons dit probeer vertaal, soos in hierdie geval. PM matertjie, niks om te vergewe nie maar sal geniet as jy kom verduidelik wat vrivelose beteken  :book1: :icon_biggrin:

Soos belowe, wil ek 'n baie insiggewende benadering oor die verband tussen kankerverspreiding en stres met julle deel. My vertaling is nie altyd perfek nie maar ek gee gewoonlik 'n skakel na die oorspronklike bronne van inligting waar ons lesers verdere navorsing kan doen en self besluit of dit gewig dra of nie.

In 'n studie uit die VSA wat gepubliseer in die 'Journal of Clinical Investigation' is bevind dat die aktivering van 'n gene genaamd ATF3 wat belangrik is om gesonde selle te help aanpas tydens stres - betrokke kan wees by metastase (verspreiding) van bors- en moontlike ander kankers.

Metastase hou die grootste sterftegevaar in vir kankerpasiente en bied 'n uitdaging aan navorsers om meer te wete te kom oor wat hierdie chaotiese wanorde en verspreiding veroorsaak.

Vorige studies het getoon dat stres wel 'n risikofaktor vir kanker is, en dat sielkundige stres byvoorbeeld gekoppel is aan aggressiwiteit van borskanker. Sommige dokters en navorses ontken hierdie verband ten sterkste.

Die uitwerking van stres kan voortspruit uit hoe jou liggaam daarop reageer.  Wanneer jy gespanne raak, produseer jou liggaam sekere sogenaamde "streshormone" om dit te hanteer. In baie kankers bind hierdie hormone met kankerselle. Dit kan die selle meer indringend maak en help beskerm wanneer hulle van een deel van die liggaam na die ander beweeg. Dit maak dit makliker vir die kwaadaardige gewas om te groei en versprei.

Navorsers weet reeds dat ATF3 geaktiveer word wanneer alle soorte selle stresvolle toestande ervaar wat hul vermoë bedreig om 'n konstante interne omgewing (homeostase) te handhaaf. 

Onder normale omstandighede beskerm ATF3 die liggaam teen skade deur die gesonde selle 'selfmoord' te laat pleeg as daar 'n risiko is dat dit permanent deur spanningstoestande beskadig was (bv. tydens gebrek aan suurstof of bestraling).

Wanneer kankerselle die eerste keer ontstaan, herken die immuunstelsel hulle as vreemde agente en word die immune selle aangemoedig om die indringers aan te val en te vernietig. In die vroeë stadiums van kankerontwikkeling werk hierdie liggaamlike meganisme perfek. Maar hierdie natuurlike proses raak verward wanneer kankerselle begin om seine te stuur na die immune selle wat dan veroorsaak dat hulle die groei van die tumor aanhits i.p.v vernietig.

Studies van die Ohio State University het bewys dat kankerselle,  ATF3 in immuunselle kan aktiveer wat na die ligging van tumor gestuur is. Dit veroorsaak dat die immuunselle wanfunksioneer en kankerselle versprei van die gewas na ander dele van die liggaam.

Navorsers stel hulle ten doel om hierdie wanordelike proses te ontleed ​​van presies hoe tumorselle die liggaam se eie hulpbronne kaap om oorlewing en verspreiding van kanker te bevorder.

ATF3 selle kan geaktiveer word deur verskeie faktore asook die seine wat deur kankerselle gestuur word. Onder andere sluit dit 'n hoë vet dieet, bestraling, chemoterapie, UV-skade en soos bespreek, selfs langdurige stres in.

Meganismes waardeur emosies die kankerproses kan bevorder, sluit die volgende in: streshormone wat laer immuunfunksies verminder en die metabolisme van hormone en omgewings toksiene verander. 

Streshormone kan 'n proses wat anoikis genoem word, inhibeer, wat siek selle doodmaak en verhoed dat hulle versprei, sê Lorenzo Cohen, Ph.D., professor of General Oncology and Behavioral Science, and director of the Integrative Medicine Program at MD Anderson.

Chroniese stres verhoog ook die produksie van sekere groeifaktore wat jou bloedtoevoer verhoog. Dit kan die ontwikkeling van kankeragtige gewasse versnel, voeg hy by.

In'n verdere studie onder leiding van prof. Shamgar Ben-Eliyahu, van die Tel Aviv Universiteit se Departement Sielkunde, is wetenskaplik bewys dat sielkundige en fisiologiese stres voor, tydens en na operasies, 'n biologiese impak het wat die werking van die immuunstelsel verminder.

Dit het groot 'n invloed op progressie van siekte sê hy, veral by die kritieke punt tydens onkologiese chirurgie wanneer 'n primêre tumor verwyder word.

"Die sielkundige stresfaktore van chirurgie het 'n groot impak op die immuunstelsel, maar dit word skaars in die mediese gemeenskap bespreek" sê prof. Ben-Eliyahu. "Ons is een van die eerste studies om te wys dat sielkundige vrees nie minder belangrik kan wees as die werklike fisiologiese weefselskade in die onderdrukking van immuunbekwaamheid nie."

Die verrassende deel van prof. Ben-Eliyahu se studies is dat streshormone soos adrenalien, wat voor en tydens chirurgie vrygestel word, "onderliggend is aan die verwoestende gevolge van chirurgie op immuunbekwaamheid," sê prof. Ben-Eliyahu.

Tot nou toe het dokters aanvaar dat die immuunstelsel verswak is weens weefselskade en die liggaam se reaksie daarop. 'n Swak immuunstelsel is een van die belangrikste faktore wat kankermetastase bevorder na 'n operasie, verduidelik prof. Ben-Eliyahu.

Tydsberekening is krities na kankeroperasies," sê prof. Ben-Eliyahu. "Daar is 'n beperkte tydsduur (ongeveer 'n week) na die operasie wanneer die immuunstelsel optimaal moet funksioneer om die klein, oorblywende stukkies tumorweefsel wat rondom die liggaam versprei word, dood te maak."

Hy het bevind dat die belangrikste streshormone wat 'n impak op immuniteitsbekwaamheid het, voor en tydens die operasie vrygestel word. Prof Ben-Eliyahu was tydens die skryf van die oorspronklike artikel, besig met ontwikkeling van 'n nuwe tegniek, gebaseer op bestaande generiese middels, om die invloed van hierdie hormone te blokkeer.

Hoe belangrik is emosionele ondersteuning vir die kankerlyer?

Dit is welbekend dat pasiente met beter ondersteuning geneig is om 'n beter funksionele immuunstelsels en laer vlakke van sekere streshormone te hê.

Sommige studies toon ook dat mense met meer ondersteuning laer vlakke van chemikalieë het wat nuwe selgroei bevorder en gewasse minder aggressief maak.

Bronne:
https://www.sciencedaily.com/releases/2013/08/130822194143.htm
https://www.cancer.gov/about-cancer/coping/feelings/stress-fact-sheet
http://www.foundationforwomenscancer.org/types-of-gynecologic-cancers/vulvar/cancer-and-stress/



« Last Edit: February 05, 2018, 05:46:04 AM by Meraai vannie Baai »