Author Topic: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie  (Read 44589 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #60 on: May 03, 2018, 07:24:24 AM »
Ek het so pas weer met my geliefde ou sustertjie gepraat oor die foon, net voor sy vir nog 'n chemo sessie gaan. Sy voel kwaad, met reg, want niemand het haar emosioneel voorberei op wat fisies vir haar wag nie. Haar vrae word nie beantwoord nie. Natuurlik voel almal om haar positief op te beur ter ondersteuning. Wat ons almal vergeet is dat sy vrese het wat sy wil deel met iemand wat sal verstaan. Net luister.

PM het by haar plasing gevra of intensiewe behandeling nodig of gewens is.  Ek het my sus gevra hoe sy voel daaroor en haar antwoord was reguit: "Ou Raai, as ek maar net geweet het wat presies op my wag, maar niemand het my voorberei op hoe 'n mens agteruitgaan nie... en wat wag nog? My naels begin letterlik afvrot en toe ek vra of dit normaal is, het hulle geantwoord ja, dit gebeur, asof dit niks snaaks is."

My dierbare ou sustertjie het midde die pyn en lyding nog nie haar sin vir humor verloor nie. So tussen ons gedeelde trane glip 'n stukkie humor deur en vertel sy my dat as mens so maer word, bly jou oe en neus dieselfde. Die res krimp weg. As sy instap waar die hulle chemo ontvang, sien sy net reuse neuse en die oge. Die vel word deurskynend amper spokerig - meer soos lewende lyke week na week.
« Last Edit: February 02, 2019, 12:49:28 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #61 on: May 03, 2018, 08:31:40 AM »
Ek is regtig geskok!  Ag Raaitjie, stuur 'n drukkie vir haar van ons af.

Die probleem is dat 'n mens nie die feite ken nie.  Jy weet nie hoe gaan jou liggaam reageer nie en daar waar lewe is is daar hoop.  Die meeste mense gryp na 'n grashalmpie as hulle in daardie boodjie ry. 

Ek weet ook van mense wat deur hel is, maar hulle het wel genesing gevind.  Hoe nou?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #62 on: May 03, 2018, 10:53:47 AM »
Bitter moeilik mater. Hartbrekende situasie, veral omdat ons so ver is en vlieg is nie 'n opsie vir my nie  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #63 on: May 03, 2018, 03:05:58 PM »
Julle almal is in ons gedagtes en ek dink elke dag aan julle.  "n Stywe drukkie vir julle almal sustertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #64 on: May 04, 2018, 07:23:56 AM »
Dankie vir al die omgee en gebede. 'n Foto gesien waar my sus se toonnaels begin afval. Hoe sy dit uithou sal net sy alleen weet.
« Last Edit: February 02, 2019, 12:51:14 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #65 on: May 04, 2018, 07:38:34 PM »
Dit is skokkend.  Ek huil vir haar sustertjie.  Dit moet ongelooflik pynlik wees.  Sy kan seker nie eers 'n kous daaroor verdra nie, wat praat nog van 'n skoen! Ag Raaitjie, wat moet ek se.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #66 on: May 05, 2018, 09:46:23 AM »
My ander sus het vanaand laat weet die res van ons ou baba sustertjie se toonnael ook afgeval. Dit is een bloederige spul en ek moes sluk aan die trane toe sy my wys hoe dit lyk. Almal verwag sy moet sterk wees. Wegsteek. Nie huil nie. Sy is na aan opgee maar druk deur omdat haar mensies glo sy gaan gesond word ten spyte van haar pyn en lyding wat sy alleen dra. My vraag vanaand: het ons die reg om van ander te verwag om deur te druk met intensiewe behandeling as die pasient voel dat hy/sy het die einde van haar wilskrag en liggaamlike vermoe bereik?

« Last Edit: September 13, 2019, 05:38:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #67 on: May 05, 2018, 10:08:56 AM »
Nee ek dink nie ander het die REG om vir haar voor te skryf nie, maar ek verstaan hoe hulle voel.  Hulle liefde vir haar skryf vir hulle voor. 
Onthou jy hoe omge-ellie ek was toe Hannes so siek was en "niemand was bekommerd oor my", wat moes magteloos staan en toekyk.  Dit is vir die pasient se geliefdes eens so erg.  As ons die uiteinde van die saak kon weet, sou ons in 'n beter posisie wees om besluite te neem. 
Ek voel dat die pasient 'n besluit moet neem en die res moet vrede maak daarmee, al is dit hoe moeilik.

Sterkte ou matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #68 on: May 05, 2018, 11:18:45 AM »
Ek onthou alte goed matertjie  :crybaby2: julle ook deur hel en terug. Soos iemand wat die pad gestap het, tereg opgemerk het - hierdie swaard bly altyd hang oor jou!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #69 on: May 07, 2018, 01:30:03 PM »
Dit is so, daardie swaard wat hang.  Net 'n ou verkouetjie laat jou hoendervleis kry van vrees. 
Ek en Gerhard sit nou hier en bespreek my broer se situasie.  Sewe jaar gelede het die dokters hom vier dae gegee om te lewe en gelukkig is hy nog met ons.  Dit is 'n ander hel daardie, die onbekende.  As ons maar net kon weet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #70 on: May 07, 2018, 11:01:09 PM »
Ai mater wat kan mens se? Sommige gevalle, soos met jou broer, laat mens dankbaar verstom staan en ander kere is die situasie net mooi omgedraai  :crybaby2: Ek sit en wag op verdere nuus om te hoor hoe dit nou gaan met my ou sussatjie. Sy is by ongevalle, die pyn het ondraaglik geword en my ander sus het haar hospitaal toe geneem.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #71 on: May 09, 2018, 12:18:21 PM »
Harte vanaand stikkint van vooraf. Sus se kanker het versprei. Nou le die besluit vir haar voor of sy gaan deurdruk met die aaklige behandeling wat tyd koop ten koste van lewenskwaliteit.
« Last Edit: May 10, 2018, 10:40:48 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #72 on: May 09, 2018, 08:33:13 PM »
 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #73 on: May 10, 2018, 12:54:42 AM »
Dankie vir omgee liefste maters. Hierdie hoek het my wegkruipplek geword wanneer ek voel om te skreeu tot ek hees is  :icon_bigsmurf: :crybaby2:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie
« Reply #74 on: May 13, 2018, 09:16:22 PM »
Raaitjie .... ek sit en huil, huil,  my hart breek vir haar, vir julle. Ek wil so graag my gevoelens met jul deel, my ondervindinge, maar ander wat hier lees gaan dit as negatief beskou. So een en ander, soos wat PM hier onder gesê het ... "Nee ek dink nie ander het die REG om vir haar voor te skryf nie, maar ek verstaan hoe hulle voel.  Hulle liefde vir haar skryf vir hulle voor."
Nee, lief julle, dis nie hul liefde vir haar nie. Dis die sleg van ons lewe vandag, vandat sielkundiges begin het om die wêreld te oorheers, moet alles en almal mos positief wees, die meeste sg vriende vertel so gou dat as jy nie positief deur die hel van chemo gaan nie, jou geloof in God te swak is.
Snert!!!.
Liefste Raaitjie, toe my kinders se pa gediagnoseer is, was sy kanker al baie ver versprei en die wonderlike dokter wat ek glo deur God gestuur is, het later by ons in die kamer ingekom, die deur toegemaak en min of meer die volgende gesê: 
""Riaan, jy gaan hiervandaan na die kankerafdeling gestuur word, dis die prosedure. (Hy was toe in die Universitas hospitaal.) Daar gaan hulle vir jou oorreed om chemo te kry, want so en sus en watookal die roetine en plig van die geneeshere daar. Maar ek wil net vir jou sê, as dit ek was, sou ek gesê het dankie, maar nee dankie. Gun my eerder 'n korter tyd, goeie kwaliteittyd saam met my geliefdes, as om 'n jaar of twee langer te leef met die nadele van chemo en die pyn wat dan aan die einde gaan wag.""

wel, Riaan het een sessie chemo deurgegaan, die dokters se verslae weer gelees en baie uitgevra, en verder chemo geweier. Hy was tot op die einde, vyf maande later, wel baie siek en net vel-en-been, maar by sy positiewe en gerus en gemaklik. Ons het hom nooit verwyt nie, nooit probeer oorreed om aan te gaan met chemo nie, maar het wel baie oor die dood en Jesus gesels, oor my en die kinders wat agterbly, ag sommer alles. Ons kon sy dood verwerk o.a. in die sin dat hy geweet het ons gaan oukei wees en ons kon weet waarheen hy gaan. Hy was 52 jr.

Oor Eben se kanker was dinge bietjie anders, want daar het ek te doen gekry met mense wat weer soos profete op 'n miershoop gestaan en 'positief' roep het. Hy is weg sonder dat ons ordentlik oor die dood en hiernamaals en ons wat agterbly, kon gesels. iets waaroor ek vandag nog huil.
adéle  :grommit: