Author Topic: Wat sal jy doen?  (Read 2205 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wat sal jy doen?
« on: January 18, 2018, 07:49:23 PM »
Die dokter gee jou ses maande om te lewe.  Wat sal jy doen?
Gaan jy ophou rook?
Gaan jy ophou drink?
Gaan jy vir behandeling?
Kom vertel nou gou vir my, wat is jou strategie?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat sal jy doen?
« Reply #1 on: January 19, 2018, 12:26:12 AM »
Heel eerste gaan ek vir dok in sy verdoemende woordspore stuit met 'n handgebaar. Waaaaaaaaaaaaag.

Ek soek tweede en derde opinie asseblief en dankie. Gewoonlik is 'n mens so geskok as jy 'n terminale diagnose ontvang dat jy summier die voorgestelde, onmiddelike behandeling aanvaar (wat die spesialis dalk nog 'n paar duisend dollars in die sak gaan bring want hy/sy is tien teen een uitgekontrakteur en teer hand aan hand met die farmaseutiese instansies op jou brose toestand).

Indien bevestig gaan ek die 'behandeling' deel dus beslis sidestep. (Dit kan dalk 2 of 3 maande van die beloofde 6 gaps of dit in 'n hellevaag van lyding verander.  Versnipper. Vergiftig. Verbrand. No thank you.)

Van newe effekte vertel hulle jou nie maklik daar en dan nie en die ergste daarvan is gewoonlik heel laaste geplaas op die lys waarteen jy gewaarsku word om op jou eie te gaan opsoek via die gewraakte internet.

Verder sal ek alles wat die uwe nou doen/geniet in hoogste versnelling aanpas. En natuurlik gaan ek grawe na inligting oor wat Moeder Aarde ons in seisoen aanbied in die proses om my liggaam so natuurlik moontlik te help veg teen wat ook al besig is om my lewensdraadjie kort te knip  :evil6:

Met my eie diagnose gehoor die verwagte lewenstal met die asemdief is gemiddeld so  2.8 jaar en dit is nou beraam op 'n gemiddelde 7 jaar oorlewing vanwaar ek dus 5 reeds gegun was. So - dalk kom daar in die ses maande tydperk ook 'n pazella aanpassing en kan dit ook in overdrive geniet worre! 

Hoef nie op te hou rook nie want ek het dit nooit probeer nie.

My wyntjie gaan ek nog meer geniet lol.

Ons eie plan van aksie is nog steeds dieselfde: sou dinge drasties versleg, gaan ons dadelik met 'n ses maande toer om Ausie begin en elke dag alles doen wat ons nog wou doen. Outop het genoeg langverlof dat dit moontlik is en met hom by my sien ek kans vir die onbekende met die 'laaste skof'.

Die bed-opmaak sessie in ons wieletjieshuis het 'n probleem vir my geword en dit is nou opgelos met die aankoop van 'n wa wat 'n makliker opset het, so ek is reg soos 'n voortrekker-roer vir die laaste(?) toer.

:headbang: :bootyshake: :hello2:
« Last Edit: January 19, 2018, 01:22:03 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sal jy doen?
« Reply #2 on: January 19, 2018, 06:08:10 PM »
Jislaaik Raaitjie, ek kan sien dat jy deur dieselfde hel is.   :dontknow: :bootyshake:  (Hulle seg die hoop beskaam nie, daar werk my gatseggies weer, die flikkerlig sindroom.)

Wat my baie verbaas, is die feit dat die "slagoffer  :angel4: " se familie hom/haar dadelik belet om verder te rook of 'n drankie te drink.  (Daar's nog ander dinge ook, maar dalk nie die plek om dit te noem nie.   :pottytrain2: :bootyshake:   :icon_biggrin:)  O ek lief my gatseggies!  :nono:

Ek dink ook die ding om te doen is om te doen wat jy graag wil doen, sonder beperking. 

Moenie vir my seg dat jy nog bed opmaak nie?   :angel7:


Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat sal jy doen?
« Reply #3 on: January 19, 2018, 10:01:44 PM »
Bloos. Ja suster PM ek maak nog bed op lol  :icon_bigsmurf: :toothy4: en op die punt van hel - ons word liederlik uitgebuit en bevark sniksniksnik.

Ek weet nie of jy bewus is van die  '40 Year Cover Up of Laetrile (B17) Cancer Treatment'
https://www.nytimes.com/2014/08/29/movies/second-opinion-on-the-dispute-over-laetrile.html

« Last Edit: January 20, 2018, 12:00:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sal jy doen?
« Reply #4 on: January 24, 2018, 03:27:51 PM »
Juis! 
Om te weet is om te verstaan.