Voorstelle en klagtes > Die Inligtingkantoor

Word staaltjies altyd in die verlede tyd geskryf?

(1/2) > >>

PM:
Hier is 'n briefie van Bets Koen.  Help 'n bietjie daar!

Goeiedag,

Ek help uit met die saamstel van 'n staaltjie-bundel.
Word die staaltjies in die verledetyd vertel (geskryf)?

Dankie

Meraai vannie Baai:
As ek die woord 'staaltjie' hoor, besef 'n mens dadelik dat dit reeds gebeur het. As jy dit dus wil beskryf of oorvertel, sal dit dan ook in verlede tyd wees volgens my mening.

PM:
Dankie Raaitjie, ek was nie so seker daaroor nie, maar ek glo jy is reg.

Wanneer skryf ons ons eie staaltjies?

adele:
More liewe julle
is staaltjies altyd lighartig en humoristies? dis wat by my opkom as ek die woord lees ....

PM:
Ek dink daar is 'n paar wat maar trane trek ook liefding.

Ek het vinnig hierdeur gekyk, dalk help dit.  https://staging.cnx.org/contents/8g10Fx6q@1/Skeppende-skryfwerk

Ons kan dalk 'n opsomming maak en self 'n paar staaltjies skryf.  Of hoe?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version