Author Topic: Ek is net hier om die draai.  (Read 2052 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek is net hier om die draai.
« on: December 19, 2017, 06:30:29 PM »
Ja jitte, dit is nie 'n grap om op Leeupoort te bly wanneer dit vakansietyd is nie.  Dit is asof die besoekers die internet dood trek.  Ons kry net so nou en dan 'n kort opvangsie.  Julle moet maar vergewe, dit is nie dat ek nie wil kuier nie.  Al die tyd wonder ek wat gaan hier aan.
Die kinders (dit is nou die besoekers en al die oumas en oupas se kinders) geniet die grondpaaie met die fietse en lag en skater.
Die bos het lewe.  Hierdie tyd van die jaar het alles babatjies en ons geniet hulle.  Wens net hier was meer van my matertjies om dit saam met ons te waardeer. 
Daar is niks lekkerder as 'n vuurtjie met 'n vleisie en 'n potbroodjie nie.  Laat slaap en 'n vinnige swempie by die swembad. 
Ag man, ek mis julle.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is net hier om die draai.
« Reply #1 on: December 19, 2017, 11:26:14 PM »
Kuier ek gou so bietjie saam jou voor ek ons kaboutertjies gaan optel vir  hulle vinnige twee daagse se kuiertjie (woefter ingesluit)  voor die malligheid van kersfeesnaweek 'n aanvang neem. Ou kersdag ry ons plaas toe en daarna gaan die oues van dae wegloop vir 'n week tot 1 Jan. So ek gaan dan stil wees. Geniet julle kersfees matertjie en gooi daar so ietsie op die kole vir ons part ook. Glo die babas moet 'n fees vir die oog opsigself wees.  :love7: :wave:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is net hier om die draai.
« Reply #2 on: December 20, 2017, 12:28:14 PM »
Ha, ons het 'n straatbraai gereel vir vanaand en nou reen dit ou meisies met knopkieries.  Wys jou maar net weer, jy kan nie altyd doen wat jy wil nie, net wat jy kan.
Nie een van ons se huisies hier in die bos is groot genoeg om almal te huisves nie.  Ons sal maar Vrydag oorvat!
Julle vleisie is op die vuur. 
Geniet julle paar dae Vryheid en mag die feesseisoen vir julle net vreugde inhou.
« Last Edit: December 20, 2017, 12:30:43 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.