Author Topic: Vrot jeug  (Read 2437 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Vrot jeug
« on: January 31, 2018, 02:10:41 PM »
Ek is nou sommer moerig. Luister vir Naas reg... Ek is nie moerig vir die kind nie maar eerder vir sy ouers.
My skoonbroertjie aan my vrou se kant was 'n laatlam... Maw 'n ou parra wat met 'n slap riem gevang is. As julle nou verstaan wat ek bedoel.
Ten spyte van die feit dat hy nie veel ouer as my kinders is nie praat hulle (31 en 35 onderskydelik) nog steeds van hom as "Oom Henkie" en noem hom nog steeds Oom... Wat heeltemal reg is want hy is immers hul ma se broer.
Sy seun, nou so twaalf jaar oud, weet nie wat die woord "oom" beteken nie. Die laaste vier jaar nou al help Naas hom met sy skoolwiskunde. Maar elke slag as hy vir Naas bel vir hulp begin die gesprek met. "Dis Liam. Jy moet my help met my wiskunde die som maak nie sin nie want..."
Nie middag hond of Hello Naas of enige ander amperse manier van groet nie.
Self my studente noem my ten minste Oom Naas en ek praat nie met hulle as hulle my nie gegroet het nie.
Gistraand het ek my moer nou finaal gestroop en ek het sommer vir hom gese ek kan hom nie help nie. Hy het egter aangehou assof hy my nie gehoor het nie. Wel... Toe sit ek maar my foon af...
Sy pa en ma het tog uit dieselfde agtergrond as ons gekom. Hoe gebeur dit dat hulle vir my probeer vertel dat 'n elfjarige al 'n grootmens is. En wragtag... grootmense moet darem ook beter maniere as dit openbaar.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vrot jeug
« Reply #1 on: February 01, 2018, 04:12:25 AM »
Oi joi joi! Vir ongeskiktheid is daar nie sal te smeer of pil te sluk nie. Kan verstaan dat jy paar moere gestrip het Naas. Dalk, net dalk sink dit nou in by die familie dat hulle bloedjie paar warm klappe kort elke keer as hy so ongemanierd praat met 'n ander. Saak nie maak HOE oud die ander is nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrot jeug
« Reply #2 on: February 01, 2018, 06:36:45 AM »
Baie van vandag se kinders glo mos respek moet verdien word.  Hoe verdien jy respek by 'n kind wat nie eers die woord verstaan nie?
Ons is "respek" van kleintyd af geleer.  Ek stem met jou saam Naas, die ouers is aanspreeklik, net jammer dat die kinders daaronder ly.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vrot jeug
« Reply #3 on: February 01, 2018, 09:20:47 AM »
Die klein helsim is regtig wanaangepas sover dit sosiale interaksie betref. Daar is nie meer salf te smeer nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrot jeug
« Reply #4 on: February 01, 2018, 10:04:30 AM »
Maniere word van kleins af aangeleer.  Buig die boompie terwyl dit jonk is.  Nou is dit te laat.  Dalk sal hy later in sy lewe 'n bietjie "insig" kry en sy wee verander. 
Om te weet is om te verstaan.