Author Topic: VAKANSIEKOS  (Read 1098 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1793
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
VAKANSIEKOS
« on: December 06, 2017, 05:33:57 PM »
VAKANSIEKOS                     

250g macaroni
30ml sonneblomolie
1 middelslag-ui, geskil en gekap
1 pak (250g) spekvleis, swoerd afgesny en gesnipper
1 blik (510g) weense worsies
1 blik (410g) tamatiepuree
1 blikkie (170g) onversoete, ingedampte melk
2ml kerriepoeier
2ml paprika
50-100g (125-250ml) gerasperde Chedder-kaas
1ml braaivleisspeserye
Aromat/Fonder na smaak

Kook die macaroni in soutwater tot sag en dreineer.
Sprinkel ‘n paar druppels van die sonneblomolie oor die macaroni en meng sodat hulle nie aanmekaar kleef nie.
Hou eenkant tot benodig.

Soteer die ui in die oorblywende olie tot sag.
Voeg die spekvleis by en roerbraai ‘n rukkie oor matige hitte.
Dreineer die worsies en hou die sous.
Sny die worsies in skyfies en voeg by die uiemengsel en meng liggies.
Meng die worsiesous, tamatiepuree, ingedampte melk, kerriepoeier, paprika, braaivleisspeserye en Aromat/Fondor.
Voeg dit by die uiemengsel en prut ongeveer 5 minute lank.

Voeg die macaroni by en meng liggies.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde, oondvaste bak en strooi kaas oor.
Plaas dit vir ‘n rukkie in ‘n baie warm oond totdat die kaas gesmelt het en begin verbruin. Sit warm voor met ertjies en tamatieslaai.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3006
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: VAKANSIEKOS
« Reply #1 on: December 06, 2017, 11:02:18 PM »
Yummy!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9696
  • Gender: Female
Re: VAKANSIEKOS
« Reply #2 on: January 16, 2018, 05:53:48 PM »
Mensig, kan jy my stêre sien?  Gelukkig is dit vakansiekos.  Dankie matertjie.
Om te weet is om te verstaan.