Woordskuur > Dol Definisies

HOSPITAALVERSLAE UIT MPUMALANGA

(1/2) > >>

adele:
Ek het gesoek of hierdie al hier gelaai is, maar kan dit nie vind nie .... Skrap asseblief as dit dalk nou dubbeld hier is.  :toothy4: 

HOSPITAALVERSLAE UIT MPUMALANGA Ware mediese aantekeninge op hospitaalkaarte in 'n hospitaal in Mpumalanga :
1. Sy het nie saamtrekkings of koors nie, maar haar man se sy was gisteraand warm in die bed. (Fantasties)
2. Pasient het borspyn as sy vir langer as 'n jaar op haar linkersy le. (sou ek ook gehad het!)
3. Op die 2de dag was die knie beter, op die 3de dag het dit verdwyn. (net so – POEF)
4. Die pasient is hartseer en huil aanhoudend. Dit lyk of sy ook depressief is. (ek wonder wat het dit weggegee?)
5. Die pasient is depressief sedert sy my in 1993 begin sien het. (die probleem lê dalk nie by die pasient nie!) 6. Ontslagstatus: Lewendig maar sonder my toestemming. (ek’t nie woorde nie!)
7. Die pasient het 'n outopsie geweier. (ghmpf…dis nou ‘n storie!)
8. Die pasient het geen geskiedenis van selfmoord nie. (?????)
9. Die pasient het sy witbloedselle by 'n ander hospitaal gelos. (weereens…ek’t nie woorde nie!)
10. Hy het oor die laaste 3 dae net 40kg opgetel. (so min????)
11. Sy is verlam van haar tone af ondertoe. (tone en…mmmmm wat is dan nog verlam?)
12. Die vel was droog en klam. (help my hier asb? Droog en klam?)
13. Die pasient het wafels vir ontbyt en 'n anoreksia vir middagete gehad. (wtf?)
14. Hy lyk gesond vir 69. Verstandelik skerp maar vergeetagtig. (huh?)
15. Het by tye konstante ongereelde hoofpyn. (…!?!?!)
16. Rektale inspeksie het normale grootte skildklier getoon. (werlklik BAIE vergroot!)
17. Sy was vir die grootste deel van haar lewe hardlywig totdat sy geskei is. (kyk nou net!)
18. Albei borste is eenders en reageer op lig en akkommodasie. (huh??) 19. Die vel is ietwat bleek maar teenwoordig. (bly om te hoor!)
20. Pasient het 2 tienerkinders maar geen ander abnormaliteite nie. (ha ha)

Meraai vannie Baai:
Ek het skaamteloos onvroulik gebulder van die lag - dankie baie baie vir die vasmaak hier Adele  :hello2: :toothy4:

Naas:
Soms kan mens jou self so kostelik verkeerd uitdruk.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ek lief die kommentare op die plasings in elke lyn net soveel  :hello2:

PM:
Te oulik.  Ek is net dankbaar dat ek nie nodig het om 'n verslag in hulle taal te skryf nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version