Author Topic: Dyllan red blokkieland  (Read 1071 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Dyllan red blokkieland
« on: November 08, 2017, 12:34:57 PM »
Dyllan rol rond in sy bed. Hy sukkel om te slaap. Vaak is hy beslis nie, maar dis ligte af tyd en hy is nog net so wakker. Uiteindelik begin sy ogies toesak en hy kom te staan voor 'n baie groot groen deur. Hy maak die deur met 'n gesukkel oop en hy betree 'n groot wonderwêreld wat bestaan uit blokkies. Terwyl hy nog so staan en homself verwonder, land 'n vliegtuig voor hom op die grond. Dit is ook met blokkies gebou. 'n blokkie mannetjie met 'n vlieënier uniform aan, kom vriendelik na hom toe aangestap.
Hy nooi vir Dyllan om saam met hom te hom te vlieg, want die prinses van Blokkieland wil hom graag sien. Sy't 'n belangrike saak om met hom te bespreek.
Hulle land binne die binneplein van die kasteel. Die vlieënier stap saam met Dyllan oor 'n rooi mat tot voor die prinses se troon. Sy groet vir Dyllan baie vriendelik en die vlieënier verlaat die vertrek. Die prinses vertel vir Dyllan die groot probleem waarmee hulle sit. Blokkieland is besig om te breek. Hulle is so bly dat Dyllan opgedaag het, want nou kan hy vir hulle help. Hy weet nie hoe hy kan help nie, maar die prinses staan op en wys vir Dyllan om haar te volg.
Die prinses klim in die vliegtuig en wys vir Dyllan dat hy ook moet inklim. Hy is verbaas om te sien dat sy die vliegtuig gaan vlieg. Sy glimlag en verseker hom dat sy ook haar vlieg lisensie gekry het. Sy wil graag self vir hom gaan wys hoe lyk blokkieand. Hul vlieg oor mooi dele met groen blokkie velde en regop boompies met helderkleur blommetjies en kleurvolle huisies, alles gebou met blokkies.
Dyllan geniet die vlug en sy vingertjies tintel, hul wil net begin bou. Skielik sien hy die omgevalle geboue, bome wat plat lê en dele wat eens groen was, is nou grys. Wat gebeur met blokkieland? Die prinses verduidelik dat kinders nie meer blokkies wil bou nie en te besig is om rekenaar speletjies te speel of op selfone. Blokkies word in kaste gepak, word vergete. Dyllan is verbaas om te sien watter groot deel het al gebreek en is kleurloos. Hy voel saam met blokkieland se mannetjies en prinses, moedeloos.
Terug by die kasteel, kom 'n mannetjie nader gehardloop. Hy het 'n khakie univorm lyfie en lyk verskrik. Hy vertel vir hulle dat die blokkie diere by die dieretuin omgeval het en die hokke ook. Hy het net betyds weggekom in sy jeep, anders het hy ook omgeval.
Die prinses skud haar kop. Sy't nie woorde nie. Sy nooi vir Dyllan om nog te kuier, maar verskoon haarself om na sake om te sien.
Dyllan kuier nog 'n rukkie by blokkieland. Hy ontmoet al hoe meer mannetjies, hulle laat hom ook lekker lag, maar daar heers tog 'n atmosfeer van onsekerheid en kommer. Kosbare tyd hardloop uit en daar moet plan gemaak word vir blokkieland. Dis tyd om huistoe te gaan. Dyllan stap na die deur en keer terug huistoe.
Die volgende dag nooi Dyllan twee van sy maats om saam met hom blokkies te bou. Hulle geniet dit so baie dat hulle ook graag blokkies wil hê. Dit is vir hulle pure pret. Elkeen kyk of hulle die grootste toring kan bou of die mooiste huise. Hulle spreek af om meer gereeld te bou. By die skool is dit al waaroor die kinders kan praat gedurende pouses. Ander kinders begin ook saam te praat en wil ook net begin blokkies bou.
Dyllan is verbaas oor al die belangstelling en daardie aand kom Dyllan weer te staan voor die groen deur. Huiwerig draai hy die handvatsel en betree hy blokkieland. 'n Mannetjie op 'n perd kom hom tegemoet. By hom het hy nog 'n perd. Dyllan klim op die perd en saam ry hulle kasteel toe. Die prinses sit op haar troon en groet hom vriendelik. Sy lyk baie gelukkig en Dyllan vind gou uit wat die rede vir haar geluk is. Blokkieland is weer veilig en sy gaan wys weer soos die vorige keer met die vliegtuig vir Dyllan rond. Oral waar hy kyk, is die blokkies weer regop en kleurvol. Bome wat omgeval het, staan en uittroon. Onder waai die mannetjie in khakie vir hulle waar hy tussen diere staan. Natuurlik die dieretuin. Hulle lyk weer gelukkig. Blokkieland lyk pragtig van die lug af. Dis 'n mengelmoes van kleure en mannetjies.
Blokkieland is gered en daarmee saam het Dyllan 'n goue sleutel gekry wat hy altyd kan gebruik wanneer hy Blokkieland kan besoek. Dit is sy beloning dat hy Blokkieland gered het.

Die einde . . .

« Last Edit: August 20, 2018, 08:21:38 PM by Anicia »