Author Topic: My pragtige land  (Read 1082 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
My pragtige land
« on: November 06, 2017, 04:23:07 PM »
Trots is ek op my land
maak nie saam wat hier gebeur
Hier is my wortels begrawe
en bly ek hier met genade.
Familie en vriende het ek genoeg
saam sal ons dier die gronde ploeg.
Mense kry swaar en armoede bly ons gewaar
honger kinders wat jou in die strate met groot oë aanstaar
Rugby koors loop hoog
manne wat drieë druk vlieg met 'n boog.
Soveel spanne in ons land
beenspiere bult en tokse skop vas
hier wil ek saamskree wat nou is en wat was.
Boere kry swaar met droogte en moorde
soms laat dit jou met wanhoop sonder woorde.
Feeste word gehou, ook baie spanbou
dit loop hoog tot einde van die jaar
Strande raak vol nader aan kersfees
dit is 'n lekker land om in te wees
Soveel kulture kleurryk saam
wens ons kon hande vat en almal saamstaan.
Behou die goed en so ook moed
Liefde en vrede moet ons behou
Net voorspoed vir ons land
is in elke inwoner se hart.