Author Topic: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.  (Read 6536 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« on: November 06, 2017, 10:27:07 AM »
Na vele gesondheidsprobleme die afgelope jaar het ek kop en pote by Oom Google ingetrek. 
Ek glo dit het begin met hoge bloeddrukmedikasie.  Toe swel my voete en bene asof hulle die land wil verlaat. Dokter verhoog die bloeddrukpille van 5mg na 10mg.
Toe kom die waterpille en die kolesterol toetse.  Met daardie medikasie begin ek kort arsem raak en die krampe leg my voor om elke hoek en draai.  Toe kom die hart en long toetse.  My hart is vergroot en ek ly aan ernstige hartversaking en die dreigemente van longemfiseem hou my nagte wakker.  Man, ek is baie siek, sal moet begin my "pampiere" in orde kry en afskeid neem. 
Ek drink 12 soorte pille drie keer per dag.  Die twee derdes van my hare wat ek nog nie verloor het nie staan regop as ek al die newe effekte nalees. 
Nee-nee, iets is iewers nie reg nie. 
Ek gaan sien 'n boessiedokter hier in Bela-Bela.  (Sommer die snelweg van Pretoria af geneem reguit Dr. Kruie toe.  (Ja, hy is ook 'n mediese dokter.)
Stap daar in met al die bloedtoetse en X-straalplate en pakke vol medikasie.  Seg hy vir my, hierdie goed gaan nog jou dood veroorsaak.  Gooi hierdie in die asblik en daardie en sommer hierdie ook. Kom, klim op die skaal.  Wat!? Kyk wat weeg jy.  Vat hierdie banting dieet en gaan maak jouself gesond. 
Twee maande later drink ek nie meer bloeddrukpille nie.  (Hou tog duime vas.)  Geen krampe, my voete en bene is glad nie meer rebels nie. Die kortasem is baie beter en ek huil nie meer oor mense wat ek  nog nooit geken het nie.

Lees die volgende en kom ons bespreek die saak. 

http://www.drdach.com/Statins_for_Women.html
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #1 on: November 09, 2017, 10:38:58 PM »
Duisend en tien dankies liefste PM vir hierdie plasing! So bitter jammer om te lees van jou gesondheidsprobleme. Dit is voorwaar geen maklike pil om te sluk as jy weet dat 'tyd' letterlik net geleen is aan ons na so diagnose  :crybaby2:

Oor die gifpille stem ek met jou en bossiedok saam! Die newe effekte van sommige medikasie is erger as die oorspronklike probleem waarmee ons na die 'slim' dokters toe is wat onder die tafel deur vergoed word vir elke voorskrif wat hy so gou skribbel vir jou! Ek was omtrent bedgebonde na my onderonsie met kolestrolpille. Het innige meegevoel met jou. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #2 on: November 10, 2017, 09:42:46 AM »
Dankie Raaitjie.  Ek is darem al driekwart nader aan genesing as wat ek was.  Tot nou toe is my bloeddruk nog elke oggend normaal sonder medikasie.  Dit slaan my asem weg, om te dink . . .

Ons is van kleintyd af geleer om nie tee te praat nie.  Aanvaar wat die "grootmense" seg en basta!  Ongelukkig was dit die goeie ou dae toe mense nog morele waardes gehad het.  Ek sal nie veralgemeen nie, maar daar is talle mense wat absoluut misbruik maak van ons oningeligte posisie en miljoene uit ons maak.

Doen asseblief 'n bietjie navorsing.  Oom Google sit op jou skoot. 
 



Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #3 on: November 19, 2017, 10:56:01 AM »
Ek beaam jou stelling. DOEN jou eie navorsing voor jy sommer sluk wat aan jou voorgeskryf/opgedis word  :nono:  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #4 on: December 03, 2017, 10:34:59 AM »
Dit is wonderlik vir my om te seg dat ek na 'n hele maand nog steeds sonder enige pille deur my dag kom en wonderlik voel.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #5 on: December 06, 2017, 02:59:37 PM »
Hoe bly is ek dat ek hiernatoe gestuur word!! Hier by ons kom so af en toe 'n 'nurse' of twee aan, saam met iemand van ons hoofkantoor, 'n lid van die mediese fonds vd staat en 'n (sjjjjjhhhh) masseuse ....
Amper soos die ou tyd se klinieksusters wat die skole besoek het en ouerhuise opgedons het as die kindertjies verwaarloos voorgekom het... in immunisasie, tand-of oogsorg ens ens Julle onthou mos!

In elk geval, hierdie nurses ken nie van stetoskope of so iets nie, hulle sit net so 'n bandjie om jou arm wat aan 'n masjientjie gekoppel is wat dit self oppomp en bloeddruk lees. Dan prik hul jou vinger en drup 'n kleine druppeltjie bloed op 'n plaatjie, sit dit in 'n masjientjie wat dan 'n (jou) suiker- en cholesterollesing gee. So iets, dan is dit klaar.  :dontknow: 

So kom ek nooit by hulle uit nie, want ek kom nie uit die kantoor uit nie, iemand moet 'skeleton staff' wees as al die ander wegloop. Maar so twee weke gelede het ek ook weggeloop en my skouers gaan laat masseer en klok toe by die nurses in vir 'ondersoek'. Toe vertel daai masjientjie my cholesterol is te hoog .... maar my bloeddruk is gelukkig baie laag, so nou kanselleer die twee mekaar mos uit, is my redenasie. En met my suiker in plek, is ek heel gesond, reken ek. My kind stem nou nie saam met my nie, maar dis sy probleem  :icon_scratch:

My middel is bietjie baie te rond vir my lengte en ek moet nou 'diet", glo minder eiers en vet kosse eet. Wel, ek eet min genoeg, sjokoholis wat op kondensmelk en piesangs, wildsvleis en slaai en bietjie kaas kan leef. So wat nou? Was nog nie dr toe vir die cholesterol nie maar sal ook nou liewer nie gaan nie.... Net nou kry ek pille wat my gesondheid opdons  :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #6 on: December 06, 2017, 11:06:47 PM »
Jy sprankel nog steeds matertjie, kolestrolle of te not  :love7: (bly weg van die gif wat voorgeskryf word) - eet wat in seisoen is en gooi helfte vir die sout wat jy wou byvoeg oor jou skouer.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #7 on: December 07, 2017, 04:54:55 AM »
Van daardie soutstorie weet ekke nou mos nie, ek lief dit mos. Gebruik wel net pienk sout, maar sout is sout, ja, dit weet ekke. Verder eet ek meestal slaai, aartappels ook. En rys, so min moontlik enige koringprodukte, dan het ek nooit seer maag, of is opgeblaas nie of trek my kolon in 'n spasma nie.
Wil weer oor daardie Banting gaan oplees .... julle weet, solank as wat ek alleen bly, is kosmaak tog so tydrowend, makliker om net iets rou te eet as ek regtig honger voel. Maar nou is ek nie meer, veral naweke alleen nie.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #8 on: December 07, 2017, 09:21:56 AM »
Sterkte matertjie en ek is nou baie opgewonde oor een deeltjie - nie meer alleen veral oor naweke -  :hello2: :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #9 on: December 07, 2017, 06:58:09 PM »
Toe ek aan soek gedoen het vir oumenssiektes was ek suksesvol met almal behalwe cholesterol. Nou is ek 'n gesoute pilslukker.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #10 on: December 07, 2017, 07:33:45 PM »
klink my mos jy moet ook daai pille "side step" soos PM   :dontknow: 
Dinge het nogal die mat onder my uitgeruk, Raaitjie, ek dink nog steeds ek was heel gelukkig op my eie, gekoester in my eenkantgrothoekie. Soms het ek oor 'n naweek nie 'n enkele mens gesien voor maandagoggend nie ... wanneer ek nie op diens was nie. Ek het later vir meer as 'n jaar skaars op die dorp gekom, wat nog te sê in 'n kerk. Maar nou ja, nou word ek met 'n ketting om 'n tafelpoot vasgebind as ek terugrem na daardie grotlewe.   :love3: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #11 on: December 08, 2017, 08:20:45 AM »
Grotlewe soms nodig vir klein rukkies  - dankbaar jy word met kettings gekeer om heeltyd daar skuiling te soek. Naas sterkte met die slukkery mater!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #12 on: December 08, 2017, 11:00:45 AM »
Alleen is nie goed nie.  Ek sal dit nie oorleef nie. Ek is baie bly dit gaan goed met julle.

Ons is maar 'n gelowige nasie wat alles glo wat ons hoor.  Vandat ek navorsing doen oor kosse en dinge glo ek niks meer wat ek hoor nie.  'n Mens moet maar deeglik ondersoek instel.  Daar is soveel inligting wat met mekaar bots, dit is soos 'n klein oorloggie.

Hoekom drink iemand vir jare lank pille sonder enige verbetering in die toestand en hou maar net aan pille drink?  Help my bietjie om te verstaan.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #13 on: December 09, 2017, 07:16:21 AM »
Die mediese fonds betaal en sonder die pille gaan dit slegter. Ons dink en reageer ook nie almal dieselfde oor en op dieselfde stimulus nie.
My lewe het baie eenvoudiger geword die dag toe ek besef het almal dink anders en ek moet maar ander se denkwyses aanvaar want hulle gaan nie verander nie.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.
« Reply #14 on: December 09, 2017, 11:44:36 PM »
Naas, ta Raaitjie sluk self 'n paar voorgeskrewe doepas ewe getrou want soos met jou, gaan dit slegter sonder dit en weier my tikkertjie om homself te gedra. Die kolestrolpille het ek besef gaan my kniege knak terwyl ek nog in slow motion kan hol en die lewe geniet  :`ip2: