Die kuierstoep > Bekgeveg

Groot lieg oor Kolesterol, diete en algemene gesondheid.

(1/4) > >>

PM:
Na vele gesondheidsprobleme die afgelope jaar het ek kop en pote by Oom Google ingetrek. 
Ek glo dit het begin met hoge bloeddrukmedikasie.  Toe swel my voete en bene asof hulle die land wil verlaat. Dokter verhoog die bloeddrukpille van 5mg na 10mg.
Toe kom die waterpille en die kolesterol toetse.  Met daardie medikasie begin ek kort arsem raak en die krampe leg my voor om elke hoek en draai.  Toe kom die hart en long toetse.  My hart is vergroot en ek ly aan ernstige hartversaking en die dreigemente van longemfiseem hou my nagte wakker.  Man, ek is baie siek, sal moet begin my "pampiere" in orde kry en afskeid neem. 
Ek drink 12 soorte pille drie keer per dag.  Die twee derdes van my hare wat ek nog nie verloor het nie staan regop as ek al die newe effekte nalees. 
Nee-nee, iets is iewers nie reg nie. 
Ek gaan sien 'n boessiedokter hier in Bela-Bela.  (Sommer die snelweg van Pretoria af geneem reguit Dr. Kruie toe.  (Ja, hy is ook 'n mediese dokter.)
Stap daar in met al die bloedtoetse en X-straalplate en pakke vol medikasie.  Seg hy vir my, hierdie goed gaan nog jou dood veroorsaak.  Gooi hierdie in die asblik en daardie en sommer hierdie ook. Kom, klim op die skaal.  Wat!? Kyk wat weeg jy.  Vat hierdie banting dieet en gaan maak jouself gesond. 
Twee maande later drink ek nie meer bloeddrukpille nie.  (Hou tog duime vas.)  Geen krampe, my voete en bene is glad nie meer rebels nie. Die kortasem is baie beter en ek huil nie meer oor mense wat ek  nog nooit geken het nie.

Lees die volgende en kom ons bespreek die saak. 

http://www.drdach.com/Statins_for_Women.html

Meraai vannie Baai:
Duisend en tien dankies liefste PM vir hierdie plasing! So bitter jammer om te lees van jou gesondheidsprobleme. Dit is voorwaar geen maklike pil om te sluk as jy weet dat 'tyd' letterlik net geleen is aan ons na so diagnose  :crybaby2:

Oor die gifpille stem ek met jou en bossiedok saam! Die newe effekte van sommige medikasie is erger as die oorspronklike probleem waarmee ons na die 'slim' dokters toe is wat onder die tafel deur vergoed word vir elke voorskrif wat hy so gou skribbel vir jou! Ek was omtrent bedgebonde na my onderonsie met kolestrolpille. Het innige meegevoel met jou. 

PM:
Dankie Raaitjie.  Ek is darem al driekwart nader aan genesing as wat ek was.  Tot nou toe is my bloeddruk nog elke oggend normaal sonder medikasie.  Dit slaan my asem weg, om te dink . . .

Ons is van kleintyd af geleer om nie tee te praat nie.  Aanvaar wat die "grootmense" seg en basta!  Ongelukkig was dit die goeie ou dae toe mense nog morele waardes gehad het.  Ek sal nie veralgemeen nie, maar daar is talle mense wat absoluut misbruik maak van ons oningeligte posisie en miljoene uit ons maak.

Doen asseblief 'n bietjie navorsing.  Oom Google sit op jou skoot. 
 



Meraai vannie Baai:
Ek beaam jou stelling. DOEN jou eie navorsing voor jy sommer sluk wat aan jou voorgeskryf/opgedis word  :nono:  :notworthy:

PM:
Dit is wonderlik vir my om te seg dat ek na 'n hele maand nog steeds sonder enige pille deur my dag kom en wonderlik voel.   :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version