Author Topic: Vrou van nagte noem hulle jou  (Read 2086 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Vrou van nagte noem hulle jou
« on: August 25, 2017, 01:44:19 PM »
Vrou van nagte
noem hulle jou
'n skarlakengewaad
om jou lyf gevou
soos Ragab van ouds
skynglimlag jy bedags
die seer in jou oë
net sigbaar vir hulle
wat kyk tot agter jou hart …

Waar het dit begin
wie het jou aangeraak
jou vrou-vreugde gesteel
geleer om só te betaal?
Vandag hang jou emosies naak
voor hom wat jou verstoot
moet jy rietlootjies soek
om te kies waarheen jy
jou nuwe lewe moet loop …

Jy hoor 'n stem roep
oor die eensaamwoestyn
vlug na die skadu van 'n kruis
maar Hy vind jou daar
en trek jou teen sy bors
vee jou trane af met sy Kleed
jou sondenagte verdwyn
geen skuld en afsku meer
Ewig gaan sy Son oor jou skyn …


©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vrou van nagte noem hulle jou
« Reply #1 on: August 29, 2017, 11:01:15 PM »
Vergifnis wat skoon was  :notworthy: