Woordskuur > Woordbou

Afrikaans

(1/3) > >>

Assie:
Dis net in Afrikaans waar jy op jou bekkenbeen sit en met jou kakebeen eet.



 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Hahahahaha! Lief dit Assie  :hello2:

Dit laat my dink aan die 24 'bene' in ons liggaam waarmee ons nie kan loop nie (ribbebene). Soos die 24 uur siklus van 12 ure dag en 12 ure nag soos ons dit ken is daar ook 12 ribbebene weerskante van ons borskas. Twee kante van die munt as't ware. Daar is wel uitsonderinge op die aantal ribbes by sommiges van ons en dit het niks te doen met  Adam en Eva nie.

Mans en vroue het ewe veel ribbes en die ontdekking daarvan iewers in die 14de eeu het 'n storm veroorsaak in ons Christelike opbrengs, aangesien ons almal groot geword het met die formering van Eva uit Adam se rib.

Nog iets wat my getref het is dat die 12 ribbebene aan elke kant ooreenstem met die aantal maande in 'n jaar of hoeveelheid eiers in 'n dosyn. Ek hoor van die matrieks in SA het klei getrap en gedink daar is 6 eiers in 'n dosyn.
 :nono:

Maar terug na die 12 ribbebene. Slegs 7 van hierdie 12 aan elke kant word beskou as 'ware' ribbes, soos die 7 dae in 'n week.

Die res van die 12 ribbebene word 3 beskryf as 'vals' en 2 as 'floating' - Laat my dadelik dink aan die Engelse idioom: two's company, three's a crowd.

Hierdie 3 vals en 2 swewendes bring ons by die totaal van vingers aan elke hand. 5 Dae van swoeg en sweet deur die week voor die naweek aanbreek en dan is daar natuurlik nog uitdrukking van 5 getroue vrinde (vingers) wat om lood vou as ons griffel.

Van hierdie 5 gebruik ons meestal net die eerste 3 om pen/potlood/kwas mee vas te hou en die ander 2 'float' maar so half  tussen pen en papier, vorm 'n stut vir ons hand.

En saam het ons 10 vingers (as ons nie een of meer verloor het op die lewenspad nie) - die duur van 'n dekade.
:notworthy:

adele:
Julle is nou al oulik-verby  :toothy4: 

PM:
Goeiste, ek kan nie glo ek het soveel verloor hierdie laaste jaar nie!
Dankie vir die pragtige bydraes Naas en Raaitjie.

Meraai vannie Baai:
 :headbang: :hello2: :notworthy:

Assie, jy maak die oumens se dag keer op keer. Lees ek nou weer hierdie:
Dis net in Afrikaans waar jy op jou bekkenbeen sit en met jou kakebeen eet.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version