Author Topic: 'n Cleopatra-uur  (Read 1969 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
'n Cleopatra-uur
« on: January 26, 2017, 07:45:31 PM »
'n Cleopatra-uur

Wanneer jou vingers om myne sekelvou, hardloop yskristalle ruglangs teen my lyf af en die skadu's dans 'n Strausswals in die wind wanneer jou oë die groen in myne ervaar. In die diep donker woud roep 'n Figaro Overture ons nader na mekaar, raak-raak jou lippe my oor en gly af- tongtippie teen my kuiltjie en langs my nek … gee ek willoos my plek prys in die Slawekoor, verstil my asem in 'n Cleopatra-uur se ontdekkingsreis.


©adéle theron[/font]
adéle  :grommit: