Die kuierstoep > Kom kuier saam

Ons groet 2016

(1/2) > >>

adele:
Wees gegroet, dierbare vriende, lede, deelnemers en stille toeskouers!

Dit was 'n jaar waarin ek my net in die Here verbly met nederige dankbaarheid dat Hy my in sy Koninkryk gebruik;
soveel ervarings tussen woordeboeke en woordvriende wat my altyd sal bybly en voltooiing van boeke wat nou op Amazon beskikbaar is... dit is van die wonderlikste, mees verrykende ervarings in my lewe.
Seermaakdinge wil ek vergeet en blomme pluk waar die mooi oor-rank is met rose om dit aan die Nuwe Jaar se voordeur te hang om elkeen van julle welkom te heet op my erfie.

Meraai vannie Baai:
As ek die fraaie ABC geluide hoor wanneer ek die hekkie op jou woorderf oopstoot, voel ek tuis liefste mater van ons. Saam jou dankbaar vir die mooi in jou lewe en die voorbeeld wat jy vir ons stel wanneer die grootste seer dwars oor die toekomspad strek.
 :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut:

adele:
lief jou Raaitjie, al gesels ons nie elke dag nie  :hello2:  loer ek gereeld in by Asemdief ens ens ... En ek is so dankbaar God is goed vir julle   :love7:

Meraai vannie Baai:
Voel jou teenwoordigheid en omgee  :love7: :notworthy:

Trapsoetjie:
Hallo stille soetjiestrap stap weer in.

Ek vir een kan nie wag om die stof van 2016 af te stof nie. Te veel dinge, nie almal lekker, wat eerder in 2016 moet agter bly.

 :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version